Nuus 09:00
BULLETIN 28 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA se leier sê die verkiesing gaan oor ekonomiese vryheid
# Pro-Palestynse protesoptrede by universiteite brei uit
# En, die NSRI red 22 vissermanne in Tafelbaai
# Die DA leier John Steenhuisen sê as die 1994-verkiesing oor politieke vryheid was, dan is die 2024-verkiesing oor ekonomiese vryheid. Steenhuisen het die party se Vryheidsdagtoespraak tydens sy Red Suid-Afrika-toer in eThekwini, KwaZulu-Natal gelewer. Hy beklemtoon die onteiening van mense se eiendom sonder vergoeding sal hulle nog meer ekonomies inperk, en die nasionalisering van banke, myne en nywerhede sal dit vererger. Volgens Steenhuisen sal die wegneem van mense se spaargeld en pensioene deur voorgeskrewe bates ekonomiese vryheid selfs nog meer aan bande lê.
RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, het intussen ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vir leiers te stem wat sal werk om te verseker alle burgers het ware vryheid – nie wat hy beskryf as die ANC se neerdrukkende regime nie. Zibi het tydens die party se Vryheidsdag-herdenking by die Hector Pietersen-museum in Soweto gepraat. Hy sê weens ‘n korrupte en onetiese politieke struktuur, is die pad na vryheid prysgegee:
# Pro-Palestynse betogings duur voort by universiteite oral in Amerika. Dit het ook na skole in Europa en Australië versprei. In die tweede week van protesoptrede vir ‘n skietstaking in die Israeli-Hamas-oorlog, waarin meer as 34-duisend Palestyne reeds dood is, eis studente dat beleggings uit Israel onttrek moet word. Aljazeera berig sommige universiteite is gedwing om hulle gradeplegtighede te kanselleer, terwyl betogende studente geboue by ander universiteite beset het.
# Kanovaart: Hank en Pippa McGregor het hulle staal gewys as Suid-Afrika se voorste roei-egpaar toe hulle gister hulle onderskeie mans- en vroue-wedvaarte by die 27-kilometer Freedom Paddle om Robbeneiland gewen het. Hank McGregor het saam met Josh Fenn alle opposisie uit hulle pad geroei om in ‘n tyd van een-uur, 58-minute en 14-sekondes te wen. Pippa McGregor en Kira Bester het ondanks sterk mededinging in die vroue-afdeling hulle eerste oorwinning saam gevier deur die wedvaart in twee-uur, 13-minute en 43-sekondes te voltooi.
# En, die Nasionale Seereddingsinstituut word geloof vir die redding van 22 Kaaptadse vissermanne in moeilike omstandighede verskeie kilometers van die kus af in die Tafelbaai-hawe-omgewing. NSRI Houtbaai en NSRI Tafelbaai se bemanning is vroeër die naweek op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas toe verneem is ‘n langlynvistreiler het begin water skep. Craig Lambinon van die NSRI sê die situasie het versleg namate seetoestande verander het:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….