Nuus 09:00
BULLETIN 21 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa lei die Menseregtedag-herdenking in Sharpeville
# SAFTU verwelkom ‘n ondersoek na die SAL-Takatso-ooreenkoms
# En rugby, die Bokke neem die Wêreldbeker-trofee na die Oos-Kaap
# President Cyril Ramaphosa lewer vandag die hoofrede by die nasionale Menseregtedag-herdenking in Sharpeville, Gauteng. Die geleentheid, onder die tema ‘Drie dekades van respek vir en bevordering van menseregte’, val saam met die 30ste herdenking van vryheid en demokrasie. Volgens die Presidensie simboliseer die geleentheid in Sharpeville die regering se verbintenis om eer te betoon teenoor die wat in 1960 in Sharpeville hulle lewens opgeoffer het vir die bevryding van Suid-Afrika. Die geleentheid begin met ‘n seremonie by die Sharpeville Gedenkterrein waar Ramaphosa ‘n kranslegging sal doen.
# Die vakbondfederasie, Saftu, het die portefeuljekomitee vir Openbare Ondernemings geloof vir sy eenparige aanbeveling dat die Spesiale Ondersoekeenheid die ooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Takatso Consortium moet ondersoek. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, het kommer uitgespreek oor die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, se gebrek aan deursigtigheid oor die ooreenkoms. Shaku sê Saftu dring aan op aanspreeklikheid vir die SAL se verkoop aan Takatso Consortium:
# ‘n Politieke party wat op Christenskap gebasseer is, Hope4SA, onderneem om Christelike beginsels in staatsbestuur te prioritiseer, en pleit vir eenheid, liefde en respek vir almal. Die party sê hulle sal onvervreembare regte beskerm en ‘n Christelike grondwet bevorder. Die party het ontstaan uit die Time2Rise-beweging wat holistiese verandering in Suid-Afrika se ekonomiese, maatskaplike en administratiewe sfere in die vooruitsig stel. Die party-sekretaris Dianne Rogers, sê met ‘n fokus op dienende leierskap en aanspreeklikheid, wil hulle stelselmatige verandering en ‘n holistiese benadering tot probleemoplossing in verskeie sektore van die samelewing bewerkstellig.
# Die uitvoerende hoof van ‘n Britse hospitaal het onderneem om alles moontlik te doen ná bewerings dat die Prinses van Wallis se mediese inligting uitgelek het. Al Russell het reageer op beskuldigings dat personeel by die London Clinic probeer het om toegang te verkry tot Catherine se mediese rekords nadat sy ‘n buikoperasie ondergaan het. Hy sê almal ken hul verantwoordelikhede oor pasiëntvertroulikheid. Die prinses se afwesigheid uit die openbare lewe sedert die operasie het gelei tot verskeie skinderstories, onder meer dat sy en prins William vervreemd nadat hy haar glo verkul het.
# Rugby: Springbok-ondersteuners in die Oos-Kaap kry dié naweek die geleentheid om hul helde in Nelson Mandelabaai te ontmoet. Sommige lede van die groep wat die Wêreldbeker gewen het, sal Saterdag die stad besoek vir ‘n voortsetting van hul trofeetoer verlede jaar, kort nadat hulle die Webb Ellis-trofee gewen het. SA Rugby se president, Mark Alexander, sê hulle het belowe om ander gebiede ook te besoek. Sondagaand word die eerste episode van die dokumentêre reeks oor die Bokke se Wêreldbeker-segetog, Chasing the Sun Two, op DStv uitgesaai.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….