Nuus 09:00
BULLETIN 25 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sê daar moet gevolge wees vir korrupte leiers
# ‘n Israelse afvaardiging is op pad na Katar vir nog Hamas-gyselaarsamesprekings
# En, rugby: Die Blitsbokke kry ‘n loesing van Ierland en eindig heel laaste in hulle groep.
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa het ‘n oproep gedoen om gevolg-bestuur vir korrupte leiers, en dat korrupsie as ‘n misdaad teen Suid-Afrikaners hanteer moet word. Hy voer aan korrupte leiers moet aanspreeklik gehou word en beklemtoon die noodsaaklikheid om ‘n maatskaplike ooreenkoms téén korrupsie met wetstoepassing te bou. Ramaphosa het ook die belangrikheid beklemtoon van die beskerming van fluitjieblasers:
# Die gesondheidswerkersvakbond HAITU kritiseer die Departement van Gesondheid in Gauteng oor sy besluit om oortyd vir dokters te kanselleer. Hy maan dit sal negatiewe gevolge inhou vir pasiënte en die gesondheidsorgstelsel. Die president van HAITU, Rich Sicina, beklemtoon dit sal die bestaande tekort aan dokters vererger en die reeds kwesbare gesondheidsorgstelsel in die provinsie verder laat agteruitgaan:
# Israel se oorlogskabinet het gister die stuur van onderhandelaars na Katar goedgekeur om samesprekings voort te sit gemik op ‘n skietstaking in die oorlog teen Hamas, en die terugkeer van gyselaars wat in Gaza aangehou word. Die samesprekings het in Parys begin, met onderhandelaars van Amerika, Egipte en Katar. Israel sê dit sal nie noodwendig uitloop op die einde van die oorlog nie en hy sal nie enige VSA-Saudi-ooreenkoms vir ‘n Palestynse staat aanvaar nie. ‘n Verslaggewer van AFP in Rafah sê daar was verlede nag ten minste ses lugaanvalle op die stad.
# Rugby: Die Springbok Sewes-mans het gisternag met 22-10 teen Ierland verloor in hulle laaste Groep C-wedstryd van die Vancouver Sewes. News24 berig die loesing teen Ierland laat die Suid-Afrikaners heel laaste in die groep eindig. Die Blitsbokke sal nou later vandag tevrede moet wees met ‘n uitspeelwedstryd om die negende plek. Hulle het Vrydag in hulle openingswedstryd Nieu-Seeland 21-12 geklop, voor hulle met 17-12 teen Groot Brittanje verloor het. Die vroue sewesspan moes ook die knie buig nadat hulle vanoggend 24-5 teen Japan verloor het. Brasilië het hulle laasnag met 17-12 geklop.
# En, om mee af te sluit: Die Landelike Gesondheid-bevorderings-projek vra vir meer openbare bewustheidsveldtogte oor die voorkoming, behandeling en sorg vir MIV. Dit volg nadat die minister van Gesondheid Joe Phaahla kommer uitgespreek het oor die geweldige aantal mense wat nie op teen-retrovirale behandeling is nie, al weet hulle hulle is MIV-positief. Die direkteur, Russell Rensburg benadruk dat MIV onder ouer groepe toeneem, met byna een uit elke vier mense bo 40 wat leef met die virus:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….