Nuus 09:00
BULLETIN 18 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse weermag maak die name bekend van lede wat in DRK gedood is
# Alexei Navalny word met Nelson Mandela vergeluk
# En, swem: Medaljes is net-net buite bereik van Erin Gallagher en Chad le Clos in Doha
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die name van die soldate wat in ‘n mortieraanval in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood is, bekend gemaak. Kaptein Simon Bobe en onder-korporaal Irven Semono het gesterf toe ‘n mortierbom in een van die militêre basisse van die Suid-Afrikaanse kontingent geland het. Die twee soldate is ontplooi saam met die 2de Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon. ‘n SANW-woordvoerder, Selina Rawlins, sê die drie soldate wat gewond is, is steeds in die hospitaal en maak goeie vordering.
# Vier mans wat verdink word van die moord Vrydag op ‘n 48-jarige vrou en haar 22-jarige dogter in Inanda, KwaZulu-Natal, is gister in ‘n skietery met die polisie dood. ‘n Woordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting oor die verdagtes ingesamel wat glo op pad was om reinigingsrituele in Mpophomeni te doen:
# Westerse leiers het met uiterste verontwaardiging op die dood van die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, gereageer. Sommige het die blaam direk op president Vladimir Putin geplaas na die 47-jarige aktivis Vrydag oorlede is terwyl hy ‘n 30-jaar-vonnis in ‘n strafkamp noord van die Arktiese sirkel uitgedien het. Navalny was een van Putin se sterkste kritici. Na wat berig word, beskou van sy ondersteuners hom as Rusland se Nelson Mandela. Volgens gevangenisowerhede het Navalny siek geword terwyl hy gaan stap het, maar sy familie sê sy gesondheid was voor sy dood goed.
# Swem: Erin Gallagher het haar eerste Wêreldkampioenskap-medalje gisteraand in Doha net-net gemis en vierde in die eindronde van die 50-meter-vlinderslag geëindig. Sy het die bronsmedalje met slegs twee-honderdste van ‘n sekonde gemis. Gallagher se teleurstelling is gedeel deur Chad le Clos, wat vyfde in die 100-meter-vlinderslag-finaal geëindig het. Pieter Coetzé en Lara van Niekerk gaan egter vanaand in eindrondes meeding – Coetzé in die 50-meter rugslag en Van Niekerk in die 50-meter borsslag.
# En ten slotte: Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging is onomwonde gekant teen die jag van diere vir vertoon, vermaak of sport. Hy het ‘n Noord-Kaapse privaat skool veroordeel vir die bevordering van ‘n wild- en jagveiling met die prys wat die jag van ‘n leeuwyfie in Tosca van 40-duisend-rand insluit. Die skool het vanweë druk deur die vereniging glo ingestem om die leeuwyfie met twee buffels te vervang. ‘n Woordvoerder van die NDBV, Jacques Peacock, sê dié kompromis stel egter nie die fundamentele etiese kwessies reg nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….