Nuus 08:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Koeberg eenheid een is terug op die kragnetwerk
# Politieke leiers moedig Suid-Afrikaners aan om vandag te registreer vir volgende jaar se verkiesing
# En rugby: Die Stormers trap ook klei in Ierland
# Eskom het die suksesvolle sinchronisasie aangekondig, van Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale met die netwerk, nadat drie stoomopwekkers vervang is. Volgens die Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena is dit ‘n groot mylpaal in die operasionele opwekking-herstelplan, en stem dit ooreen met die kragvoorsiener se strategiese doelwitte. Mokoena sê die tydperk wat Eenheid- 1 uit diens was, was die langste in die stasie se geskiedenis. Sy voeg by Eenheid-2 sal aan diens onttrek word sodra Eenheid-1 bestendig is, na die voltooiing van al die nodige ingebruiknemingstoetse:
# Government has acknowledged Standard and Poor’s decision to affirm the country’s long-term foreign and local currency debt ratings at ‘BB-minus’ and ‘BB’, respectively. The agency attributes the stable outlook to a credible central bank, a flexible exchange rate, and an actively traded currency. Positive indicators include increased private-sector investment in power generation and renewables. The government has announced its commitment to boosting gross domestic product growth by improving electricity provision, optimising logistics and enhancing infrastructure delivery over the next three years.
# ActionSA leader Herman Mashaba has issued a rallying call urging every eligible South African voter to register and verify their registration in this first voter registration weekend. This campaign, organised by the Independent Electoral Commission, leads up to the 2024 general elections. Mashaba underscores the critical importance of this moment for every eligible citizen to have their voices heard. He emphasises that South Africans can shape the nation’s future towards inclusive economic prosperity by actively participating in the voter registration process:
Zimbabwe het ‘n noodtoestand in Harare afgekondig weens die cholera-uitbreking. Die land worstel die afgelope paar maande met die uitbreking, wat vererger word deur die gebrek aan skoon water. Die burgemeester van die hoofstad, Ian Makone, maan oor ‘n herhaling van die 2008-uitbreking, waarin vier-duisend mense hulle lewens verloor het. Die internasionale Rooikruis berig hospitale sukkel met toenemende opnames weens ‘n tekort aan gesondheidsorgwerkers en onvoldoende voorrade om oordrag te keer.
Rugby: Munster het nou vier uit vier van hulle wedstryde teen die Stormers gewen nadat hulle teenstand gebied het teen ‘n sterk fisiese poging deur die Stormers in gure omstandighede op Thomond Park in Limerick, vir ‘n 10-3 Verenigde Rugby Kampioenskap-oorwinning. Vir die Stormers was dit nog ‘n frustrerende aand nadat hulle nie in die tweede helfte kon bou op hulle oorheersing nie. In gister se vroeër wedstryd in Durban, het die Haaie twee drieë gedruk teenoor die een van Connaught, maar die besoekers het met 13-12 gewen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….