Nuus 08:00
BULLETIN 16 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa se dringende interdik teen die ampsklagondersoek word in Julie aangehoor
# Die Presidensie gaan die waninligting oor migrasiesterftes teenwerk
# En die Suid-Afrikaanse jazz-ikoon, Abdullah Ibrahim, is op 91 oorlede
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal president Cyril Ramaphosa se aansoek om die parlementêre ampsklagproses te staak op 15 en 16 Julie aanhoor, hangende ‘n hersiening van die onafhanklike Artikel 89-paneelverslag. Die president voer in hofstukke aan daar is ‘n waarskynlikheid dat die Ampsklagkomitee sal begin voordat die hof oor die hersieningsaansoek uitspraak gelewer het. Ramaphosa sê dit sal aanleiding gee tot aansienlike vooroordeel. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, die EFF en die African Transformation Movement is respondente in die saak.
# Die Presidensie het gewaarsku teen waninligting oor Suid-Afrika se migrasie-uitdagings na aanleiding van onlangse voorvalle waarby buitelandse burgers betrokke is. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sal met die Wêreldgesondheidsorganisasie saamwerk om te verseker dat korrekte inligting gedeel word. Magwenya het bygevoeg berigte wat die dood van Ethiopiese burgers met wetstoepassing verbind, is verkeerd, aangesien die saak verband hou met georganiseerde misdaad en ondersoek word:
# Die studenteleier van die Soweto-opstand van 1976, Teboho Tsietsi Mashinini, word onthou vir sy sterk standpunt teen die gedwonge gebruik van Afrikaans in swart skole. Suid-Afrika herdenk vandag die 50ste herdenking van die opstand, onder andere die dood van die 12-jarige Hector Pieterson. In ‘n geskiedkundige televisie-onderhoud met die Amerikaanse televisienetwerk CBS, het Mashinini bewerings verwerp dat hy ‘n kommunis was, en gesê studente veg vir ‘n beter onderwysstelsel:
# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, stuur af op ‘n botsing met die Amerikaanse president, Donald Trump, terwyl Amerika hom aan die oorlog probeer onttrek. Die twee leiers het nog nie hul doelwitte bereik nie, terwyl Israel se militêre pogings in Libanon vasgeval het. Reuters berig een senior Israeliese amptenaar het gesê die voorlopige ooreenkoms is sleg vir Israel en daar is niemand in die Israeliese leierskap wat dit anders sien nie. Hulle het gedink die onderhandelingstydperk onder die ooreenkoms sal waarskynlik verleng word. Die huidige situasie verbied Israel om militêr op te tree, terwyl sy bekommernisse onopgelos bly.
# Sokker: Japannese ondersteuners het die pawiljoene silwerskoon opgeruim na hul Wêreldbeker-openingswedstryd Sondag teen Nederland in Texas sê dit is “Japannese kultuur” om self skoon te maak. Toeskouers het agtergebly na die 2-2 gelykopuitslag om seker te maak hulle los die stadion soos hulle dit gevind het. Die Japannese span neem aan hul agtste agtereenvolgende Wêreldbeker dee en hul ondersteuners se netheid is ‘n internasionale kenmerk. Skoonmaaktake is van jongs af deel van Japannese onderwys en kinders skrop elke dag vloere en tafels by skole.
# En ten slotte: Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse jazzpianis, komponis en anti-apartheidsaktivis, Abdullah Ibrahim, is op 91-jarige ouderdom na ‘n kort siekbed in Duitsland oorlede. Ibrahim, ook bekend as “Dollar”, se merkwaardige loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Sy komposisie Mannenberg, saam met werke soos Soweto, The Wedding, The Mountain en African Marketplace, het Suid-Afrikaanse klassieke status bereik. Ibrahim se lewensmaat, dokter Marina Umari, sê sy liefde vir sy land het nooit gewankel nie, ongeag waar in die wêreld hy homself bevind het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….