Nuus 08:00
BULLETIN 14 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie ondersoek die dood van Duitse erfgenaam en haar finansiële bestuurder by ‘n jagreservaat
# Die DA dien ‘n menseregteklag in oor die versuim om kinderverkragters te vervolg
# En Donald Trump sê ’n vredesooreenkoms sal ‘vandag’ onderteken word
# Die polisie ondersoek die dood van die erfgenaam van die miljoen-dollar Duitse skeepvaartfirma, DAL, Caroline von Rantzau, en haar finansiële bestuurder op haar familie se privaat jagreservaat in Limpopo. Die 26-jarige is dood in haar kamer op die Leeuwfontein-landgoed gevind, ‘n dag nadat die landgoed se finansiële bestuurder, Arno Koën, ook op die eiendom vermoor is. Koën, ‘n pleegvader van Von Rantzau, was in beheer van die besprekings en finansies by die landgoed. Die polisie het ‘n gelisensiëerde geweer en ‘n pistool gekonfiskeer terwyl die ondersoek voortduur.
# Die DA-leier en burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het sy veldtog vir ‘n tweede termyn ná die munisipale verkiesing in November afgeskop. Hill-Lewis het in Hanover Park ‘n vyfpuntplan onthul wat fokus op sterker polisiëring, werkskepping, betroubare dienste, meer behuising en skoner openbare ruimtes. Hy sê Kaapstad het ‘n model geword vir effektiewe plaaslike regering en hy het belowe om ‘n veiliger, skoner en meer bekostigbare stad te bou:
# Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon ‘n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie. Angel Khanyile sê dié versuim beteken baie misbruikers word nie ondersoek of vervolg nie, wat kwesbare kinders onbeskermd laat:
# Die motorbedryf-vakbond MISA het die voertuighandelaar Motus gekritiseer vir die aflegging van 67 werknemers te midde van goeie voertuigverkoopsyfers en ‘n beter finansiële vertoning. MISA sê die afleggings is ongeregverdig en nie ‘n laaste uitweg nie. Hy voer aan Motus het versuim het om alternatiewe opsies te oorweeg tydens konsultasies. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, hou vol dat die Motus-groep afleggingsbepalings misbruik het om sy arbeidskoste te verlaag. Sy sê verskeie afleggingsgeskille dien voor die Arbeidshof:
# President Donald Trump en die bemiddelaar Pakistan het gister gesê ‘n aanvanklike ooreenkoms om die oorlog in die Midde-Ooste te beëindig, sal vandag onderteken word, hoewel Iran ontken dat dit so gou sal plaasvind. Die Pakistanse premier, Shehbaz Sharif, het gesê die twee partye het ooreengekom oor ‘n raamwerk vir ‘n vredesooreenkoms en Islamabad berei voor vir ondertekening vandag, gevolg deur tegniese gesprekke volgende week. Die voorgestelde ooreenkoms vra vir die heropening van die Straat van Hormoes en die opheffing van die Amerikaanse vlootblokkade. Volgens berigte sal onderhandelinge oor Iran se kernprogram daarna plaasvind.
# En motorsport: George Russell van Mercedes het gister die voorste wegspringplek vir die Barcelona-Katalonië Grand Prix behaal na ‘n opwindende einde van die kwalifiseringsessie. Die Brit het sy derde voorste wegspringplek van die seisoen behaal deur slegs 0,064-sekondes voor Lewis Hamilton in sy opgegradeerde Ferrari te eindig, wat die kampioenskapsleier Kimi Antonelli in die ander Mercedes na die tweede ry gestoot het. Verlede jaar se kampioen, Lando Norris, het vierde geëindig, en sy spanmaat Oscar Piastri sewende. Die Red Bull-duo Max Verstappen en Isack Hadjar het onderskeidelik vyfde en sesde geëindig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….