Nuus 08:00
BULLETIN 8 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sê eerwaarde Jackson was eensgesind met Suid-Afrika deur sy stem teen apartheid te verhef
# Firoz Cachalia sê die weermag se ontplooiing in gemeenskappe wat deur bendegeweld geraak word is vertraag
# En rugby: Die wedloop om die Sesnasies-beker is steeds wyd oop ná die naweek se wedstryde
# President Cyril Ramaphosa sê eerwaarde Jesse Jackson was eengesind met Suid-Afrikaners deur sy stem namens hulle teen apartheid te verhef. Ramaphosa het gister tydens ‘n gedenkdiens in Chicago hulde gebring aan die ontslape menseregteleier. Die president sê toe die land se saak geïgnoreer word en talle weggekyk het, was hy deurentyd standvastig in sy solidariteit met Suid-Afrika:
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die ontplooiing van die weermag in gemeenskappe wat deur bendegeweld geraak is, word teruggehou weens gevare wat verband hou met die proses. Hy het dit bevestig tydens ‘n besoek aan die Sophiatown-polisiestasie in Johannesburg ná ‘n massaskietery Woensdag waarin twee mense in Westbury dood is. Cachalia sê die weermag sal in Gauteng, Noordwes, die Vrystaat, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap ontplooi word:
# Die DA in Johannesburg se burgemeesterskandidaat, Helen Zille, het ter voorbereiding van die komende plaaslike regeringsverkiesing, vyf beloftes aan die mense van Johannesburg bekendgestel. Zille sê die DA sal hande vat met die privaat sektor om Johannesburg se toekoms te bou, met die fokus op betroubare water en elektrisiteit, paaie wat reg is en sal 200-duisend nuwe werksgeleenthede na Johannesburg lok. Sy voeg by die party sal korrupsie uitroei, openbare ruimtes beveilig en ‘n professionele en moderne regering instel:
# Rugby: Skotland het Frankryk gister met 50–40 geklop in die Sesnasies-wedstryd op Murrayfield. Die Skotte het sewe drieë gedruk, insluitend twee drieë deur Kyle Steyn en Darcy Graham wat Frankryk se reeks oorwinnings beëindig het. Italië het in Rome ‘n geskiedkundige oorwinning van 23- 18 teen Engeland behaal, dit ná die Rose teen rustyd nog 18-10 voorgeloop het. Tesame met Ierland se 27–17 oorwinning teen Wallis Vrydagaand, is Ierland, Skotland en Engeland steeds in die stryd om die titel in die laaste ronde volgende Saterdag.
# Gholf: Hennie du Plessis van Suid-Afrika het die voortou geneem met ‘n 14-onder baansyfer na hy ‘n rekord van 62 houe in die derde ronde van die Johannesburg Ope aangeteken het. Brandon Robinson Thompson wat oornag die voorloper was met 12- onder, is nou op 13-onder baansyfer ná 16 putjies van sy derde ronde. Du Plessis se landgenote, Jayden Schaper het sy derde ronde met 8-onder baansyfer vir ‘n totaal van 68 afgesluit en deel die elfde plek, terwyl Robin Williams die 14de plek deel met 8-onder baansyfer.
# En ten slotte: Die Departement van Gesondheid waarsku die publiek oor vals nuus wat op sosiale mediaplatforms versprei word, en berig dat mense met MIV vanaf Mei vanjaar ‘n toelaag van eenduisend-rand-200 sal ontvang. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is valse en misleidende inligting, en die publiek word dus aangeraai om altyd inligting wat deur sosiale media ontvang word, met betroubare en geloofwaardige bronne te verifieer voordat dit gedeel word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….