Nuus 08:00
BULLETIN 26 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Aartsbiskop Makgoba sê korrupsie het apartheid in die regering vervang
# Die Departement van Gesondheid verwelkom meer as 700 Kersbabas
# En Springbok-afrigter Rassie Erasmus lei ‘n Kersoggend-uitstappie in Blouberg
# Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het ‘n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel fasette van regering vervang het:
# Die Departement van Gesondheid het 714 pasgebore babas verwelkom wat tussen middernag en twaalf uur op Kersdag in openbare gesondheidsfasiliteite regoor die land gebore is. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê ouers word aangemoedig om borsvoeding en kinder-inenting te ondersteun, want dit beskerm babas teen voorkombare dodelike siektes en verbeter oorlewing, veral in die eerste lewensmaande:
# Die Forum for South Africa sê die betrokkenheid van polisiebeamptes by misdaad bevorder wetteloosheid en ondermyn die vertroue in wetstoepassingsagentskappe. Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem vir beweerde afpersing nadat hulle na bewering tavernes in Khambi, Mthata, in die Oos-Kaap besoek het en hul drankhandellisensies asook alkohol van taverne-eienaars geëis het. FOSA-leier, Tebogo Mashilompane, sê hierdie gedrag verteenwoordig growwe magsmisbruik:
# President Donald Trump het aangekondig die VSA het ‘n dodelike aanval teen die Islamitiese Staat-groep in noordwestelike Nigerië van stapel gestuur. Trump het op sy sosiale mediaplatform gesê die Amerikaanse weermag het talle perfekte aanvalle uitgevoer teen wat hy “terroristeskuim” genoem het, en die groep daarvan beskuldig dat hulle “onskuldige Christene teiken en wreedaardig vermoor”. Die Amerikaanse Afrika-bevelstruktuur, Africom, sê die aanval is in samewerking met Nigerië in die staat Sokoto uitgevoer. Die Nigeriese minister van Buitelandse Sake, Yusuf Maitama Tuggar, het aan die BBC gesê dit was ‘n gesamentlike operasie wat terroriste teiken.
# Krieket: Die vierde SA20-reeks begin vanaand op die Nuweland-krieketveld in Kaapstad. Die verdedigende kampioene, MI Cape Town, ontvang Durban se Super Giants in ‘n vuurwarm openingswedstryd wat om 17:30 op Welwillendheidsdag begin. Ses Suid-Afrikaanse spanne sal in 34 wedstryde regoor die land meeding. Die openingsnaweek duur môre voort met die Pretoria Capitals wat die Johannesburg Super Kings om een uur op Centurion pak, terwyl die Paarl Royals om 17:30 teen die Sunrisers Eastern Cape op Bolandpark te staan kom.
# En ten slotte: ‘n Groot feestelike skare het gister saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus ‘n Kersoggend-staptog langs die Blouberg-kus aangepak en ‘n informele idee in ‘n gemeenskapstradisie omskep wat al hoe gewilder word. Die ses-kilometer lange kusuitstappie, wat om sesuur die oggend buite ‘n strandrestaurant in Bloubergstrand begin het, het honderde plaaslike inwoners en ondersteuners gelok. Erasmus het die volgende oor die geleentheid te sê gehad:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….