Nuus 08:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Januarie 8 vm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Beurtkrag is opgeskort tot 4 nm vanmiddag
# Die dodetal in KZN weens die stormweer styg tot 40
# En, Dakar-tydren-nuus: Goeie Samaritaan Ross Branch wen die eerste skof in die Dakar-motorfietsafdeling
# Eskom het beurtkrag tot vier-uur vanmiddag opgeskort nadat drie opwekkingseenhede gister weer begin krag lewer het. Fase een sal vanaf vier-namiddag ingestel word. Die waarnemende woordvoerder van Eskom, Aubrey Sambo, sê die kragnutsmaatskappy sal vandag die vooruitsig vir die komende week uiteensit, sou enige belangrike wysigings opduik.
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê die getal mense in die provinsie wat weens stormweer gesterf het, het tot 40 gestyg, terwyl minstens vyf steeds vermis word. Spanne gaan voort met reddings- en herwinnings-operasies terwyl slegte weer in verskeie dele van die provinsie voortduur. Die departement se woordvoerder, Nonala Ndlovu, sê twee liggame wat Vrydag teruggevind is, ondergaan steeds DNS-toetse vir identifikasie:
Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die regerende party spreek baie jare van staatskaping aan, wat die goeie prestasie van sommige van Suid-Afrika se sleutelinstellings verwoes het. Mbalula het die media ingelig oor die gereedheid vir die ANC se 112de herdenking en die 8-Januarie-verklaring by die Mbombela-stadion, in Mpumalanga. Hy sê, dit is tyd dat diegene wat vordering vertraag en die doeltreffende bestuur van staatsinstellings ondermyn het, met die volle mag van die Reg te doen kry:
# Israel het sy bombardement van Gaza Saterdag voortgesit met die oorlog teen Hamas nou in sy vierde maand en die eerste Minister, Benjamin Netanyahu, wat belowe om ‘n “totale oorwinning” oor die Palestynse militantes te behaal. AFP berig, Israeli aanvalle het die suidelike stad, Rafah, getref waar honderde duisende mense skuiling soek teen die gevegte. Slagoffers van die bombardement is na die Europese Hospitaal in Khan Yunis geneem, waar familielede en roubeklaers byeengekom het. Die woordvoerder van die Leёr, Daniel Hagari, sê Israel het die aftakeling van die militêre raamwerk van Hamas in Noord-Gaza afgehandel en sal hom nou toespits op die middel en suide.
# En laastens, nuus oor die Dakar-tydren: Ross Branch van Botswana is gister beloon nadat hy stilgehou het om ʼn ander ryer in nood by te staan, en toe nog steeds die eerste motorfietsskof van die Dakar-tydren gewen het. Branch het voorgeloop toe hy gestop het om sy teenstander Tosha Schareina by te staan, ná die Spanjaard se ongeluk wat sy deelname aan Dakar beëindig het. Branch het 16de geëindig maar 25-minute is van sy tyd afgetrek en hy was weer die voorloper, bykans 12 minute voor Ricky Brabec. Die Belg, Guillaume de Mevius, het gister die eerste motorskof gewen, met Carlos Sainz tweede en Giniel de Villiers van Suid-Afrika derde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….