Nuus 08:00
BULLETIN 17 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Jacob Zuma sê daar is geen regering van nasionale eenheid nie, net ‘n onheilige huwelik tussen die DA en die ANC
# Die Ondersoekdirektoraat verwerp bewerings dat die inhegtenisneming van Gwede Mantashe op hande is
# En krieket, Indië loop een-nul voor in vroue eendagreeks van drie wedstryde teen Suid-Afrika
# Die leier van die MK-party en voormalige president Jacob Zuma sê die party moet mense opvoed dat daar geen regering van nasionale eenheid is nie – net ‘n onheilige huwelik tussen die DA en die ANC. Zuma het gepraat op die party se deurslaggewende mediakonferensie in Johannesburg oor die huidige politieke toestand en voortgesette ontwikkelings in Suid-Afrika. Hy sê die regering van nasionale eenheid is malligheid:
# Die Ondersoekdirektoraat verwerp ‘n berig in Sunday World dat die arrestasie van die ANC se nasionale voorsitter Gwede Mantashe op hande is. Die berig lui Mantashe se komende inhegtenisneming hou verband met Bosasa-sekerheids-opgraderings by sy eiendomme in Gauteng en die Oos-Kaap. Die woordvoerder van die direktoraat, Henry Mamothame, sê egter hulle het nie oor die kwessie besluit of dit bespreek nie:
# Die EFF sê talle jongmense sukkel met ernstige geestesgesondheidskrisisse. ‘n Woordvoerder, Leigh -Ann Mathys, sê slegs een uit tien Suid-Afrikaanse kinders wat aan geestesgesondheidstoestande ly wat gediagnoseer en behandel kan word, het toegang tot geestesgesondheidsorg. Volgens die EFF is verlede jaar, net in Gauteng, 40 selfdoodgevalle aangemeld. Mathys voeg by dit is nie tekens van ‘n florerende omgewing vir die jeug nie, maar een van verwaarlosing deur die regering en minagting van die kinders van Afrika.
# Met minder as twee weke oor voor die eerste Amerikaanse presidensiële debat van die 2024-verkiesing, het CNN bykomende besonderhede gegee oor die riglyne waaroor die Trump- en Biden-veldtogte ooreenstem. Die debat van 90-minute op 27 Junie is die eerste direkte konfrontasie tussen president Joe Biden en sy voorganger, voormalige president Donald Trump. Daar sal nie ‘n gehoor in die ateljee wees nie, en geen hulpmiddels of voorafgeskrewe aantekeninge op die verhoog nie. Mikrofone sal afgeskakel wees, behalwe vir die kandidaat wie se beurt dit is om te praat.
# En krieket: Die Protea-vroue se top-kolwers het gister ineengestort, en Suid-Afrika het met 143 lopies verloor teen Indië in die aanvangs-eendagwedstryd in Bengaluru. Met ‘n wenteiken van 266, het die Proteas nooit bygehou nie en die aanvangskolwer en kaptein Laura Wolwaardt is in die eerste beurt vir ‘n nulletjie uitgehaal. Paaltjies het aanhou kantel met geen stewige vennootskappe of bydrae nie. Die dag het egter behoort aan Smriti Mandhana, wie se honderdtal Indië opgestoot het na 265 vir 8. Die tweede wedstryd in die reeks van drie word Woensdag gespeel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….