Nuus 08:00
BULLETIN 2 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sal vandag se aankondiging van die verkiesingsuitslae bywoon
# Volgens berigte vergader Israelse en Amerikaanse amptenare om Rafah te bespreek
# En nóg ontwrigtende reën word vir die Buffalo City-munisipaliteit voorspel
# President Cyril Ramaphosa sal vanaand in Midrand deelneem aan die Verkiesingskommissie se aankondiging van die algemene verkiesing se finale uitslag. Hy sal ‘n toespraak lewer as deel van die seremonie. Die Presidensie sê die Verkiesingswysigingswet wat in Junie 2023 bekragtig is, is by vanjaar se verkiesing ingestel. Dit het dit moontlik gemaak dat onafhanklike kandidate aan provinsiale en nasionale verkiesings kan deelneem. Die OVK se verkiesingsuitslag-skerm plaas die kiesersopkoms op 58,61-persent.
Die Verkiesingskommissie sê intussen hy voel nie onder beleg nie met die aantygings wat teen hom gemaak word. Jacob Zuma se MK-party probeer om die land gyselaar te hou met dreigemente om die OVK se aankondiging van die verkiesingsuitslae uit te daag. Dit volg na partye die kommissie van knoeiery met die uitslae beskuldig het. Die OVK se voorsitter, Mosoth Moepya, sê die hele proses is op ‘n baie deursigtige manier hanteer:
# Israelse en Amerikaanse amptenare is na wat berig word in Kaïro in Egipte om die heropening van die Rafah-kruising te bespreek. Rafah is ‘n noodsaaklike deurgang vir hulp na die beleërde Gaza-strook. Al-Qahera News, wat bande het met Egiptiese intelligensie, haal ‘n senior amptenaar aan wat sê Kaïro eis Israel se totale onttrekking uit die terminaal op Gaza se suidelike grens met Egipte. Die kruising is gesluit sedert Israelse magte vroeg in Mei die Palestynse kant beset het, en gevolglik die vloei van humanitêre hulp na die oorloggeteisterde gebied geminimaliseer het.
# Tennis: Die verdedigende kampioen Novak Djokovic is deur na die laaste 16 van die Franse Ope na hy sy 369ste Grand Slam-wedstyd-oorwinnning behaal het en hy trek nou gelyk met Roger Federer. Die Serwiër wat twee stelle agter was, het teruggeveg om met 7-5, 6-7, 2-6, 6-3, 6-0 teen die Italianer Lorenzo Musetti in meer as drie uur af te reken. Die tweemalige finalis, Casper Ruud van Noorweë kom volgende teen die Amerikaner Taylor Fritz te staan na hy die Argentyn Tomas Martin Etcheverry met 6-4, 1-6, 6-2, 6-2 verslaan het. Ruud sê die wedstryd het wipplank gery:
# En, die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap waarsku inwoners om versigtig te bestuur terwyl swaar reën vandag voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak-ses-waarskuwing van ontwrigtende reën tot elfuur vanaand uitgereik. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya sê die metro het die afgelope paar dae swaar neerslae ondervind wat tot infrastruktuurskade, in veral laerliggende gebiede, gelei het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….