Nuus 08:00
BULLETIN21 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Elektrisiteit beklemtoon Eskom se pogings om sy stelsels te verbeter en beurtkrag te vermy
# ‘n Jong Suid-Afrikaanse krieketster sluit aan by die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga
# En, Suid-Afrikaners word gevra om Internasionale Downsindroom Bewusmakingsdag te herdenk
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het vrese oor Eskom se agteruitgang besweer en inisiatiewe beklemtoon wat beurtkrag se intensiteit en gereeldheid moet verminder. Ramokgopa het mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord, en die behoefte aan ‘n diverse energie-mengsel wat steenkool, kernkrag, gas en hernubare energie insluit, beklemtoon. Hy sê dit sal stabiele elektrisiteitsvoorsiening verseker:
# President Cyril Ramaphosa het die vooruitgang van Suid-Afrikaanse swart nyweraars toegeskryf aan samewerking tussen die regering en die privaat sektor. Ramaphosa het aan afgevaardigdes by die Konferensie vir Swart Nyweraars in Johannesburg gesê samewerking het ‘n bemagtigende omgewing geskep vir swart nyweraars om te floreer. Hy het die belangrikheid van programme soos die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Swart Nyweraars-program beklemtoon om ekonomiese transformasie te bevorder en die nywerheidsbasis uit te brei:
# Hamas ontken Israel se bewerings dat sy soldate 90 ekstremiste vermoor het en nog 160 in hegtenis geneem het tydens ‘n klopjag op die Al Shifa-hospitaal in Gaza. Jerusalem sê sy weermag het die terroriste doodgemaak en wapens gekonfiskeer, terwyl hulle gekeer het dat pasiënte, burgerlikes, mediese personeel en toerusting benadeel word. Reuters berig twee Israelse soldate is tydens die operasie dood. Hamas hou vol die slagoffers was pasiënte of haweloses wat in die hospitaal geskuil het. Al Shifa is een van die min oorblywende hospitale wat nog gedeeltelik in bedryf is.
# Krieket: Die tiener-bouler Kwena Maphaka se droomseisoen word môre voortgesit by die Indiese Premierliga. Die jong Proteas-sterbouler is aangewys as speler van die toernooi in die Onder-19 Wêreldbeker nadat hy 21 paaltjies platgetrek het. Die Mumbai Indians, wat deur die voormalige Protea-paaltjiewagter Mark Boucher afgerig word, het Sondag navraag gedoen oor Maphaka se beskikbaarheid, en die Protea-bouler Kagiso Rabada het hom gehelp het om alles vir sy reis reg te kry. Die 17-jarige St Stithian-leerder se ma het hom na Indië vergesel, terwyl die span ‘n studieleier beskikbaar stel sodat sy skoolwerk nie geraak word nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-893-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-203-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-56-sent per vat.
# En ten slotte, die minister in die Presidensie belas met Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Nkosazana Dlamini-Zuma, het ‘n oproep gedoen op Suid-Afrikaners om Internasionale Downsindroom-bewusmakingsdag te herdenk. Downsindroom is ‘n chromosoom-afwyking en raak ongeveer een uit 500 geboortes in Suid-Afrika. Dlamini-Zuma het die reg op lewe én op gelyke geleenthede vir persone met gestremdhede benadruk. Sy pleit vir beskerming van persone met gestremdhede téén uitbuiting, en ook vir toegang tot verblyf, werksplek-toeganklikheid én ook gemeenskapsdeelname, soos uiteengesit in die Handves van Regte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….