Nuus 08:00
BULLETIN 10 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Verkiesing 2024: 115 partye ding mee om setels in parlement
# Die Amerikaanse adjunk-minister van die Tesourie, Wally Adeyemo, besoek Suid-Afrika
# En, rugby: Engeland beëindig Ierland se Grand Slam-hoop, terwyl Italië Skotland klop in geskiedkundige oorwinning
# Voorlopige berigte dui aan 115 partye het kandidaatlyste ingedien om mee te ding om setels in die Nasionale Vergadering, met al 14 die partye wat tans verteenwoordig word, wat deelneem. Daarby het 101 ónverteenwoordigende partye en 16 onafhanklike kandidate voorleggings ingedien. Die voorleggings word nagegaan vir voldoening, met streng voorwaardes, waaronder die indiening van ondersteunende dokumente en die betaling van deposito’s. Die Verkiesingskommissie ondersoek ook ongemagtigde bekendmakings van die kandidaatlyste van twee politieke partye, die ANC en die MK-party.
Die Verkiesingskommissie het intussen die ongemagtigde sirkulasie bevestig van die ANC en die MK-party se kandidaatlyste. Die adjunkhoof van Verkiesingsbedrywighede, Masego Shiburi, het ook bevestig die ondersoeke is aan die gang om die bron van die lekkasie te bepaal, wat vermoedelik van die interne stelsel afkomstig is. Shiburi sê die kommissie het die voorval by die Inligtingsreguleerder aangemeld, met verwysing na moontlike oortredings van persoonlike inligting onder die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting:
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA is verlig oor die minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan se besluit om af te tree. Die nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola skryf die ineenstorting van verskeie organisasies in staatsbesit toe aan Gordhan se dienstydperk en veroordeel sy hantering van maatskappye toot Denel, SA Express en Eskom. Sy sê Gordhan se onwilligheid om die besonderhede bekens te maak oor die SAL-Takatso-ooreenkoms laat NUMSA aanspreeklikheid en geregtigheid eis:
# Amerika se adjunk-minister van die Tesourie, Wally Adeyemo, besoek Suid-Afrika dié week op ‘n sending om die ekonomiese verhouding tussen die twee lande ‘n hupstoot te gee. Adeyemo se agenda sluit in besprekings oor die bestryding van onwettige finansiële transaksies, die bevordering van ‘n skoon energie-oorgang, belegging in jong entrepreneurs en leiers, en die bestryding van natuurlewehandel. Geskeduleerde vergaderings met regeringsampenare, sakeleiers en studente sal gehou word in Kaapstad, Pretoria en Johannesburg. Die besoek vind plaas te midde van onlangse spanning tussen Washington en Pretoria.
# En, rugby: ‘n Skepskop op die nippertjie deur Marcus Smith het gesorg dat Engeland die Sesnasies-kampioene Ierland se droom van agtereenvolgende Grand Slams gisteraand beëindig het, met ‘n dramatiese 23-22-oorwinning op Twickenham. Na meer as 80 minute het Smith die wenskop oorgeklits en Engeland se lopie van vier agtereenvolgende loesings deur Ierland beëindig. En in Rome het Italië Skotland 31-29 die loef afgesteek vir hulle eerste Sesnasies oorwinning tuis in elf jaar. Italië was met rustyd 22-16 agter, maar die Azzuri het daarna uitgeblink vir die oorwinning.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….