Nuus 07:00
BULLETIN 27 Desember 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party sê Welwillendheidsdag bly ‘n leë simbool
# Eskom sê hy gaan voort om aan die elektrisiteitsaanvraag te voldoen
# En sokker: Bafana ly nederlaag teen Egipte by die Afrikabeker
# Die MK-party sê Welwillendheidsdag bly ‘n leë simbool in ‘n samelewing wat gekenmerk word deur uiterste ongelykheid. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê die werklikheid is dat die dag diep gewortel bly in die nalatenskap van Britse kolonialisme, ‘n ideologiese fondament wat fundamenteel gekant is teen die politieke standpunt en revolusionêre doelwitte van die MK-party. Hy sê die naamsverandering het simboliek verander sonder om die materiële toestande van armoede, onteiening en uitsluiting af te takel:
# Die Wes-Kaapse polisie het die gewelddadige aanval op Kersaand wat die lewens van drie mense geëis en ‘n ander kritiek beseer gelaat het in Nyanga sterk veroordeel. Twee onbekende verdagtes het na bewering ‘n enkelkamer-struktuur in Mplangenistraat, Ofcon-hostel, binnegegaan en op die inwoners losgebrand. Die polisie se woordvoerder, Andrè Traut, sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die aanval moontlik gekoppel is aan wraak of ‘n poging om ‘n getuie uit te skakel:
# Eskom sê Suid-Afrika se nasionale kragstelsel bly bestendig en voldoen steeds aan die vraag na elektrisiteit, ondersteun deur volgehoue en meetbare verbeterings in sy opwekkingsvermoë. Die woordvoerder van die kragverskaffer, Daphne Mokwena sê die opwekkingsherstelplan lewer resultate. Sy sê, saam met die intensiewe beplande instandhouding van die afgelope jaar, is die opwekkingsvloot versterk, betroubaarheid verbeter en Eskom se operasionele veerkragtigheid verbeter:
# Die EFF het die VSA se lugaanvalle wat op Kersdag op Nigeriese bodem uitgevoer is, veroordeel. Amerika het lugaanvalle in die noordweste van Nigerië uitgevoer, veral in die staat Sokoto, en beweer hulle het militante wat met die Islamitiese Staat verbind word, geteiken. Die party sê president Donald Trump beweer dat Christene wreedaardig vermoor word en hy het die Verenigde State as ‘n selfaangestelde redder geposisioneer. Die EFF sê hierdie lugaanvalle, wat onder die dekmantel van teen-terrorisme uitgevoer is, verteenwoordig ‘n gevaarlike eskalasie van Amerikaanse militêre imperialisme op die Afrika-kontinent.
Sokker: Egipte het Suid-Afrika gisteraand met 1-0 in Agadir in hul Groep B Afrikabekerwedstryd geklop. ‘n Strafdoel in die eerste helfte van Mohamed Salah was deurslaggewend vir die Egiptenare, selfs al moes hulle met tien spelers oor die weg kom na Mohamed Hany se rooi kaart. Ten spyte van Bafana Bafana se sterk vertoning teen die einde, kon hulle nie gelykmaak nie. Egipte het amptelik die boonste plek in Groep B ingeneem en deurgedring na die Ronde van 16. Bafana Bafana bly in die tweede plek en benodig ‘n oorwinning in hul laaste wedstryd teen Zimbabwe om deur te dring.
# En ten slotte: Die Departement van Gesondheid sê altesaam eenduisend-668 babas is vanjaar veilig op Kersdag in die land se openbare gesondheidsfasiliteite gebore. Die getal is 308 meer as die eenduisend-360 babas van 2024. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal is met 38 een van die hospitale in die land wat die meeste geboortes aangeteken het, gevolg deur Tembisa Provinsiale Tersiêre Hospitaal met 35 pasgeborenes:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….