Nuus 07:00
BULLETIN 6 Desember 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Senzo Mchunu bevestig die taakspan vir politieke moorde was geoormerk vir integrasie in die polisie
# Die Duitse Parlement steun ‘n omstrede militêre dienspligwet te midde van die Russiese bedreiging
# En rugby: Daar is 13 Bokke in die Bulle-span vir die Kampioenebeker
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het aan die Madlanga-kommissie gesê die taakspan vir politieke moorde is nooit formeel hersien voor dit ontbind is nie. Mchunu sê die span was altyd bestem vir inskakeling in die breër Suid-Afrikaanse Polisiediens, terwyl formele oorsigte tot moord- en roofeenhede beperk is. Die getuienisleier, Mahlape Sello, het bevraagteken of Mchunu se brief om die span te ontbind, die behoorlike opname van die span in die SAPD sou toelaat:
# Die Thabo Bester-tronkontsnappingsaak is deur die Hooggeregshof in Bloemfontein tot 18 Maart 2026 uitgestel. Dit volg nadat die veroordeelde moordenaar en verkragter, en sy medebeskuldigde, Nandipha Magudumana ook sake in ander howe het. Dit sluit in Magudumana se aansoek by die Konstitusionele Hof wat haar uitlewering betwis. Bester se regspan verwys ook na die noodsaaklikheid dat daat uitsluitsel moet wees oor sy persoonlike besittings wat tydens sy arrestasie in Arusha, Tanzanië in April 2023, gekonfiskeer is. Die verhoortydperk is vir tussen Julie en September 2026 vasgestel.
# Burgerlike samelewingsgroee is tevrede met ‘n beslissende uitspraak deur die Hooggeregshof in Johannesburg, wat owerhede dwing om veilige en onbelemmerde toegang tot gesondheidsorgdienste te waarborg. Die groepe, insluitend die Treatment Action en Kopanang Africa Against Xenophobia, sê die uitspraak is ‘n belangrike stap tot die beëindiging van maande se intimidasie by klinieke in Yeoville en Rosettenville in Gauteng. Claire Waterhouse van Dokters Sonder Grense sê die hof het bevind die regering en polisie het versuim om pasiënte te beskerm:
# Eskom sê die kragstelsel bly bestendig, met onbeplande onderbrekings wat met 729-megawatt gedaal het en dieselverbruik wat vir die eerste keer hierdie finansiële jaar minder is. Die energiebeskikbaarheidsfaktor is hoër, wat sterker en meer betroubare opwekking weerspieël. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê bykomende opwekkingskapasiteit sal hierdie week beskikbaar gestel word om aan die aanvraag in piektye te voldoen. Sy sê slimmeters en uitgebreide gratis basiese elektrisiteit help gemeenskappe:
# Die Duitse Parlement het ‘n omstrede nuwe militêre diensplig wet goedgekeur wat Bundeswehr-getalle sal verhoog en NAVO-teikens bereik. Die bestande spanning met Rusland het gelei tot toenemede beroepe vir vir sterker verdedigingsvermoëns in Europa. Die wetgewing stel ‘n tweespoorstelsel voor – ‘n meer winsgewende vrywilligersdiens om jong soldate te lok. Indien daar ie genoeg belangstelling is nie, kan wetgewers behoeftegedrewe diensplig instel. Ingevolge die wetsontwerp kan die Bundeswehr uitgebrei word tot 260-duisend aktiewe soldate teenoor die huidige 183-duisend, met minstens 200-duisend reserviste teen 2035.
# En rugby: Die Bulle-afrigter, Johan Ackermann het sy span met Springbokke gelaai vir vandag se Kampioenebeker-botsing teen die verdedigende kampioene Bordeaux-Begles op Loftus. Die Bok-losskakel Handré Pollard sal die nommer tien-trui dra, en hy word ondersteun deur sy nasionale spanmaats, Akker van der Merwe, Cobus Wiese, Marco van Staden, kaptein Marcell Coetzee, Canan Moodie en Willie le Roux. Daar is ‘n verdere ses Bokke op die bank, wat bestaan uit ses voorspelers en twee agterspelers.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….