Nuus 07:00
BULLETIN 22 November 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die G20-leiersberaad begin vandag in Johannesburg
# OUTA sê die munisipale beheer oor kraginstallasies moet volgens nasionale wetgewing geskied
# En rugby: Dit is nog ‘n naweek propvol toetsrugby
# Die langverwagte G20-leiersberaad, die eerste wat in Afrika gehou word, begin vandag by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg. Die beraad kom in ‘n tyd van wêreldwye onsekerheid, met wêreldleiers wat na verwagting groot uitdagings en krisisse sal aanspreek en sterk, volhoubare, gebalanseerde en inklusiewe groei sal bevorder. Die tema van die beraad is Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid. Verslaggewer Lusanda Bill het meer:
Die leier van die DA en minister van Landbou, John Steenhuisen, sê intussen hy stem saam met president Cyril Ramaphosa dat dit nie gepas sou wees vir die VSA om ‘n junior diplomaat te stuur om die G20-presidentskap te ontvang nie. Amerika, wat die G20-leiersberaad boikot, sal sy Chargé d’affaires Marc Dillard stuur om die verklaringsoorhandigingsplegtigheid Sondag as ‘n formaliteit by te woon. Steenhuisen sê dit sou beter gewees het as die VSA ‘n afvaardiging by die beraad gehad het:
En Gautengse motoriste word gewaarsku oor tydelike padsluitings, baanbeperkings en onderbroke ontwrigtings op belangrike snelweë en groot stedelike roetes om die G20-leiersberaad te huisves. Sluitings sal Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni raak. ‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê hoë-sekerheidsoperasies sal op die N1, N3, N12, M1 en dele van die Golden Highway gehou word:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Vereniging van Munisipale Elektrisiteitsnutsdienste gekritiseer vir die uitreiking van riglyne oor kleinskaalse ingebedde opwekkingsinstallasies wat buite die wet val. OUTA sê munisipaliteite kan nie ekstra goedkeuringsprosesse instel of die wetlik vereiste sertifikaat van voldoening tersyde stel nie, wat bevestig dat ‘n installasie veilig is. Stefanie Fick van OUTA sê ‘n stabiele regulatoriese stelsel is noodsaaklik vir openbare veiligheid, beleggersvertroue en die groei van gedesentraliseerde energie in Suid-Afrika:
# Mellon Educate se 2025 Buildblitz het by twee Wes-Kaapse skole ten einde geloop, met 450 vrywilligers van die Brittanje, Ierland en Suid-Afrika wat klaskamers omskep en nuwe geletterdheidsentrums bekendgestel het. Die inisiatief spreek die geletterdheidskrisis aan, waar 81-persent van Graad 4-leerders nie vir begrip kan lees nie. Die skoolhoof van die A.C.J. Phakade Primary School in Lwandle, Strand, Mandisa Lehoke, sê die skool kan nou die slaagsyfer baie hoër stel:
# En rugby: Die meeste lande speel die naweek hulle laaste toetse van die jaar. Wallis verwelkom die All Blacks vanmiddag in Cardiff, gevolg deur die kragmeting tussen die Springbokke en Ierland in Dublin, wat vanaand 7.40 afskop. Daarna sal Italië en Chili sake uitspook in Genua, waarna Australië die moeilike taak het om Frankryk op die Stade de France te klop om te verhoed hulle toer eindig sonder enige oorwinning. Skotland en Tonga speel môre op Murrayfield in Edinburgh, en Engeland en Argentinië kom op Twickenham te staan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….