Nuus 07:00
BULLETIN 23 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA kritiseer Mapisa-Nqakula se versoek om regshulp
# Skoor verwelkom die uitspraak teen die Padongelukkefonds
# En aanklaers sê Trump se swyggeld-betaling was blote verkiesingsbedrog
# ActionSA sê hy is sterk gekant teen die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se pogings dat die Departement van Verdediging en Militêre Veterane die koste van haar korrupsieverhoor betaal. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verband hou met tenders by die Departement van Verdediging. Mohammed Rafeek Shah van ActionSA sê Mapisa-Nqakula se bewering dat die misdaad tydens haar ampstermyn as minister van Verdediging gepleeg is en sy daarom fondse moet ontvang, is eenvoudig belaglik:
# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, is verontwaardig oor die Departement van Basiese Onderwys se versuim om 31-duisend vakante poste landwyd te vul, en sê dis as gevolg van wanbestuur en besparingsbeleid. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ongevulde poste vererger opvoeders se werklading, wat lei tot uitbranding en onderwys wat negatief geraak word. Shaku het die slegte gevolge van oorvol klaskamers vir opvoeders en leerders beklemtoon. Hy het die regering gekritiseer omdat hy nie openbare dienslewering prioritiseer nie:
# Die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge het die uitspraak in die Padongelukkefonds se saak teen die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika verwelkom. Die Hooggeregshof in Pretoria het die fonds se aansoek van die hand gewys om die rekeningkundige standaard te verander wat gebruik word om sy jaarstate saam te stel. Die verandering het die fonds se laste met 90-persent verminder, van 331-miljard-rand in 2019/2020 tot 34-miljard-rand in 2021/2022. Skoor sê die fonds se direksie en uitvoerende beamptes moet die regskoste van die saak betaal.
# ‘n Advokaat vir die verdediging in die Senzo Meyiwa-moordverhoor wil vooraanstaande mense, waaronder die Orlando Pirates-voorsitter, Irvin Khoza, dagvaar. Vyf mans word aangekla van die moord op die Bafana Bafana-kaptein in 2014 by die huis van sy destydse meisie, sanger Kelly Khumalo, in Vosloorus. Advokaat Thulani Mngomezulu sê Meyiwa se broer, Sifiso, beweer Khoza het hom vertel wat met sy broer gebeur het. Hy sê hy wil hê Khumalo moet getuig.
# Aanklaers sê oudpresident Donald Trump van Amerika se swyggeld-saak handel oor sameswering en bedrog. Trump word aangekla van 34 voorvalle waar sakerekords na bewering voor die 2016-verkiesing vervals is om die betaling van swyggeld aan die porno-ster, Stormy Daniels, te versteek. Sy saak het gister in New York begin. Die aanklaer, Matthew Colangelo, het in sy intreerede gesê wat Trump gedoen het, is blote verkiesingsbedrog. Die verdediging voer aan die oudpresident was nie betrokke nie en was onbewus van die besonderhede rondom die betaling.
# Gholf: Die wêreld se voorste speler, Scottie Scheffler, bly op die wenpad na sy sege in die RBC Heritage in Suid-Carolina. Dis was sy vierde PGA-toer-oorwinning uit vyf toernooie. Die Amerikaner het drie onder baansyfer 68 in die laaste ronde behaal en op 19 onder klaargemaak. Hy het sy landgenoot, Sahith Theegala, met drie houe verslaan. Hy is die eerste speler sedert die Duitser, Bernhard Langer, in 1985 wat ‘n Meesters-oorwinning opvolg met ʼn sege in die RBC Heritage. Scheffler sê hy is nie verras deur sy goeie spel nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-19-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-871-dollar-2-sent. Die prys van goud is twee-duisend-310-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….