Nuus 06:00
BULLETIN 27 Oktober 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa verwerp meningspeilings dat die ANC nog steun in die metro’s gaan afstaan
# Action Society beskuldig die regering dat hy veroordeelde kinderseks-misdadigers beskerm
# En Israelse kiesers gaan vandag stembus toe in ‘n deurslaggewende verkiesing
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa het meningspeilings en onlangse studies verwerp, wat daarop dui dat die party verder steun in die plaaslikeregeringsverkiesing aan die DA sal afstaan. Volgens Ipsos sal steun vir die ANC na verwagting verder daal tot slegs 31-persent – ’n afname van die 45,6-persent wat in 2021 behaal is. Die DA se interne peilingsdata dui daarop dat hy as die grootste party in ses metro’s uit die stryd kan tree. Ramaphosa het tydens sy veldtog in in Mamelodi, oos van Pretoria, gesê die ANC sal ’n volstrekte meerderheid behaal:
# Action Society doen ‘n beroep op die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling om ‘n vaste sperdatum te bepaal vir openbare toegang tot die nasionale register van seksmisdadigers. Ná ses jaar se veldtogte voer die organisasie aan ouers het steeds geen manier om na te gaan of volwassenes wat met hul kinders in aanraking kom nie dalk skuldig is aan seksmisdrywe teen minderjariges nie. Juanita du Preez van Action Society vra gereguleerde toegang, waarborge teen misbruik, en ‘n duidelike datum vir implementering:
# ‘n Kenner van dobbelwetgewing, Wayne Lurie, sê die voorgestelde nasionale belasting op aanlyn dobbelary is nog nie gefinaliseer nie en vereis steeds parlementêre goedkeuring voor dit in werking kan tree. Lurie doen ‘n beroep op die Nasionale Tesourie om behoorlike ekonomiese modellering te doen en met belanghebbendes te beraadslaag voor die voorstel gefinaliseer word. Die finale ontwerp sal na verwagting in volgende jaar se Februarie-begroting aangekondig word. Hy waarsku hoër belastings kan dobbelaars na onwettige buitelandse operateurs dryf, wat staatsinkomste sal verminder en verbruikers minder beskerming sal gee.
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering doen ’n oudit van watersuiweringswerke om die toestand te bepaal. Daar word veral op Gauteng gefokus weens die groot bevolking en die onbetroubare watervoorsiening in sekere gebiede. Dit volg nadat die aantal gevalle met maagderm-siektes, wat met besmette water in die Bronkhorstspruit-gebied in Tshwane verband hou, tot 833 gestyg het. Majodina sê hoewel Tshwane wel chloor verkry het, bly die afvalwatersuiweringsaanleg in Bronkhorstspruit vir ’n onbepaalde tyd gesluit:
# Israel hou vandag sy eerste verkiesing sedert die dodelike Hamas-aanval op 7 Oktober 2023, wat die Midde-Ooste in konflik gedompel het. Die verkiesing kan ’n einde bring aan premier Benjamin Netanyahu se langdurige magsgreep. Israeli’s stem vir politieke partye eerder as ’n premier. Die 120 setels in die Knesset, die land se parlement, word deur middel van proporsionele verteenwoordiging toegewys. Onlangse meningspeilings toon dat nóg Netanyahu se groep, nóg die vernaamste opposisiegroep, onder leiding van die sentristiese voormalige militêre hoof Gadi Eisenkot, 61 setels sal behaal wat vir ’n meerderheid nodig is.
# Krieket: Die snelbouler Gerald Coetzee mag dalk sy eerste toets in twee jaar vir Suid-Afrika speel in die derde en beslissende wedstryd teen Australië wat vandag in Kaapstad begin. Hy vervang die mede-snelbouler Anrich Nortjé, wat tydens die tweede wedstryd in Gqeberha ‘n liesbesering opgedoen. Die wedstryd in Gqeberha is deur die Proteas met ‘n beurt en 31 lopies gewen om die reeks gelyk te maak. Die Suid-Afrikaanse kaptein, Temba Bavuma, sê Coetzee, wat in November 2024 die laaste van sy vier toetswedstryde gespeel het, is die enigste verandering aan die span.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-62-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-851-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-12-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 115-dollar-38-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….