Nuus 06:00
BULLETIN 22 Junie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa is bemoedig deur die groot aantal nuwe jong kiesers
# Die DA veroordeel die moord op hul tussenverkiesingskandidaat in Dunoon
# En krieket: Die Protea-vroue klop Indië om hul Wêreldbeker-hoop lewend te hou
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hy is bemoedig deur die groot aantal nuwe kiesers wat hy tydens sy veldtog teëgekom het. Hy het gister in Tshwane veldtog gevoer as deel van die kieserregistrasienaweek, voor die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Ramaphosa sê die entoesiasme en aktiewe deelname van jongmense herbevestig sy vertroue dat ‘n nuwe geslag gereed is om verantwoordelikheid te neem vir die vorming van die toekoms van hul gemeenskappe en die land:
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het intussen die belangrikheid van breë openbare deelname aan die verkiesingsproses beklemtoon. Hy sê die verkiesing gee burgers die geleentheid om leiers te kies wat regstreeks verantwoordelik is vir die lewering van dienste en die bevordering van ontwikkeling in hul gemeenskappe. Hy sê die besluite wat deur munisipaliteite geneem word, beïnvloed die daaglikse lewens van inwoners, van water en sanitasie tot paaie, elektrisiteit, plaaslike ekonomiese ontwikkeling en gemeenskapsveiligheid.
# Die Siyafana Sonke Action Campaign moedig Suid-Afrikaners aan om te verenig teen xenofobiese aanvalle te midde van die dreigende sperdatum vir migrante om Suid-Afrika te verlaat. ‘n Malawiese burger is Vrydag dood en twee ander is aangerand na ‘n vermeende xenofobiese aanval in die JikaJoe-informele nedersetting in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Die veldtog is ‘n pas gevestigde nasionale veldtog teen xenofobie, wat deur meer as 130 organisasies onderskryf word. Die veldtog hoop om almal wat teen xenofobie, etniese chauvinisme en arm- en werkers-vigitalisme gekant is, te verenig.
# Die DA in Kaapstad het die moord op sy tussenverkiesingskandidaat vir Dunoon Wyk-104 en gemeenskapsaktivis, Sinovuyo Dyokwe, veroordeel. Dyokwe is doodgeskiet op pad huis toe van die kieserregistrasielokaal waar sy tydens die eerste dag van die kieserregistrasienaweek gehelp het. Nicholas Gotsell van die party sê hulle sal die situasie noukeurig monitor en sal veg om te verseker dat Dyokwe se geliefdes die geregtigheid ontvang wat hulle verdien:
# Die Amerikaanse visepresident JD Vance sê vordering is gemaak tydens die eerste ronde vredesamesprekings met Iran in Switserland. Dit is ten spyte daarvan dat onderhandelinge gister onderbreek is, nadat president Donald Trump die Iranse afvaardiging gedreig het en deur Teheran se hoofonderhandelaar tereg gewys is. Die samesprekings volg nadat die twee lande verlede week ‘n voorlopige vredesooreenkoms onderteken het. Vance sê Amerika is bereid om sy verhouding met Iran ingrypend te verander:
# Krieket: ‘n Veelsydige vertoning deur Marizanne Kapp het Suid-Afrika aangespoor tot ‘n oorwinning van ses paaltjies oor Indië in Manchester, en so hul hoop om die T20-Wêreldbeker-uitspeelrondes te haal, lewend gehou. Kapp en Shabnim Ismail het twee paaltjies laat kantel en Indië is tot 158 vir sewe beperk. Hierna het Kapp ‘n onoorwonne 81 aangeteken en ‘n vennootskap van 97 om die derde paaltjie met Tazmin Britz gedeel, terwyl die Protea-vroue die teiken met vyf balle oor bereik het. Dit was Suid-Afrika se mees suksesvolle aanslag in die T20-Wêreldbeker vir vroue.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 18-rand-85-sent teen die euro en 21-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-658-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-154-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….