Nuus 06:00
BULLETIN 20 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê Koeberg se radioaktiewe besoedelingsvoorvalle het geen gevaar vir die publiek ingehou nie
# Die DA doen ‘n beroep op die dringende oorweging van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering
# En rugby: Die Cheetahs en Boland begin hul Curriebeker-veldtogte as wenners
# Eskom het bevestig dat geen stralingslekkasie tydens ‘n roetine-onderhoud by die Koeberg-kernkragstasie se Eenheid Twee in Kaapstad plaasgevind het nie. Dit volg op drie lugbesoedelingsvoorvalle wat tussen 30 Junie en 7 Julie by die eenheid aangemeld is. Die voorval het plaasgevind tydens ‘n proses genaamd Eddy Current Testing, wat bekend is om klein radioaktiewe deeltjies in ‘n beheerde omgewing in die lug te verdryf. Eskom-raadsvoorsitter Mteto Nyati sê Koeberg se veelvuldige vlakke van veiligheid en inperking het presies volgens plan gefunksioneer:
# Die DA doen ‘n beroep op die parlementêre portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie om dringend oorweging te gee aan die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering wanneer dit ingedien word. Kevin Mileham van die DA sê die vernietigende fout wat die Nasionale Energiereguleerder verlede jaar gemaak het, om ‘n tekort van 54-miljard-rand in Eskom se inkomste te laat, sal waarskynlik meer as 41-duisend werksgeleenthede vernietig namate hoër elektrisiteitstariewe in werking tree. Hy sê dis ‘n krisis:
# Die Gautengse premier Panya Lesufi sê die regering sal voortgaan om sy stryd teen onwettige mynbou en georganiseerde misdaad te versterk. Dit volg na die dood van twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nadat hulle Vrydag tydens operasies teen onwettige mynbou in ‘n skag by ‘n verlate myn in Florida, wes van Johannesburg, geval het. Regeringswoordvoerder, Sizwe Pamla, sê die regering sal nie ophou om wet en orde te herstel nie:
# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het herhaal hy sal geen bedrog en korrupsie duld nie en sê hy is steeds verbind tot die beskerming van die integriteit van die maatskaplike toelaestelsel om te verseker dat toelaes die regmatige afhanklikes bereik. Die agentskap het vier amptenare van sy Nebo-kantoor in Sekhukhune, Limpopo, afgedank nadat hulle skuldig bevind is weens hul aandeel aan ‘n maatskaplike-toelaag-bedrogskema van 33-miljoen-rand. SASSA sê hy versterk maatreëls om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.
# President Donald Trump het die Kongres versoek om Iran by ‘n tweeparty-sanksiewetsontwerp teen Rusland te voeg. Die wetgewing sal 100-persent sekondêre sanksies oplê op goedere wat afkomstig is van die top vyf kopers van Russiese olie en natuurlike gas, asook Moskou se skaduvloot van tenkskepe teiken wat gebruik word om sanksies te ontduik. Vroeër die maand het Amerika sanksies op Iranse olieverkope ingestel in reaksie op aanvalle op kommersiële skepe in die Straat van Hormoes. Dit volg nadat die VSA en Iran die afgelope weke aanvalle teen mekaar verskerp het.
# Rugby: Die Cheetahs en Boland het gister hul Curriebeker Premierafdeling-veldtogte met oorwinnings afgeskop. Die Cheetahs het die Leeus naelskraaps met 29-27 in Bloemfontein geklop. Beide spanne het vier drieë gedruk, en hoewel veteraan-losskakel Jaco van der Walt nie daarin geslaag het om enige drie te verdoel nie, kon hy drie strafskoppe oorskop vir die Cheetahs. Verlede jaar se halfeindstryd-span, die Boland Kavaliers, het die Bulle XV met 24-10 in Wellington verslaan met drie drieë teenoor een.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-55-sent teen die dollar, 18-rand-92-sent teen die euro en 22-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-660-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-997-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….