Nuus 06:00
BULLETIN 7 Oktober 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU vra werkers om by die Nasionale Dag van Aksie aan te sluit
# Drie verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met die Lusikisiki-slagting
# En vandag is die eerste herdenking van die 7 Oktober Hamas-aanvalle
# Die vakverbond Cosatu moedig werkers aan om vandag deel te neem aan ‘n Nasionale Dag van Aksie om te betoog teen ekonomiese lyding, werkloosheid en ongelykheid. Die staking val saam met die Wêrelddag vir Ordentlike Werk. Die hoofsekretaris Solly Phetoe sê die federasie eis ‘n einde aan afleggings, en optrede teen korrupsie, die hoë lewenskoste, en geslagsgeweld:
Die mynwerkersvakbond NUM skaar hom intussen volledig agter Cosatu se landwye staking vandag. NUM eis dringende regeringsoptrede teen stygende werkloosheid, besuinigingsmaatreëls en korrupsie. Die vakbond veroordeel ook SERITI Resources se plan om een-duisend-143 werkers af te lê, en beskuldig die maatskappy van die vervanging van vaardige werknemers met kontrakteurs vir wins. NUM vra regverdige behandeling en respek vir die reg tot kollektiewe bedinging.
# Die DA het Busisiwe Mkhwebane verwys na die parlementêre etiekkomitee vir die beweerde skending van die Etiekkode vir Lede. Die hoofsweep van die DA George Michalakis verwys na ‘n sosialemedia-inskrywing deur Mkhwebane op X, wat mense van Indiese afkoms en parlementêre personeel beskuldig van rassisme en wangedrag. Michalakis beweer haar opmerkings ondermyn die publiek se vertroue in die Parlement. Die party sal ‘n beëdigde verklaring indien met ‘n versoek vir ‘n ondersoek en moontlike sanksies teen Mkhwebane.
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het bevestig drie mense is in hegtenis geneem in verband met die Lusikisiki-slagting in die Oos-Kaap verlede Saterdag. Die trio word beskryf as persone van belang. Onbekende gewapende mans het agtien mense, insluitend 15 vroue, in twee afsonderlike huise vermoor. ’n Twee maande oue seuntjie was die enigste oorlewende. Mchunu het gister ná ’n gedenkdiens vir die slagoffers aan die media gesê die drie sal vandag in die hof verskyn:
# Vandag is die eerste herdenking van die sewende Oktober Hamas-aanvalle, waartydens een-duisend-200 mense dood en 251 gyselaar geneem is. Israel het sy vergeldingsoorlog in verskillende arenas in die Midde-Ooste verskerp, insluitend bom- en landaanvalle, en nuwe massa-ontruimingsbevele in die suide van Libanon en Gaza. Tydens Israel se veldtog in Gaza is minstens 41-duisend-870 Palestyne dood. Intussen is meer as eenduisend-400 mense in Libanon in Israelse aanvalle dood. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het onderneem dat sy land as oorwinnaars uit die stryd sal tree.
# Motorsport: Die huidige wêreldkampioen, Francesco Bagnaia, het die Japannese MotoGP gewen en sy agtste oorwinning van die seisoen behaal. Die huidige kampioenskapleier, Jorge Martin, moes tweede plek aanvaar nadat hy elfde weggespring het, terwyl die sesmalige wêreldkampioen Marc Marquez derde klaar gemaak het. Die verskil tussen Martin en Bagnaia is nou slegs tien punte wat die kampioenskapstryd momentum gee. Die Suid-Afrikaner Brad Binder was sesde. Bagnaia sê dit was ‘n perfekte wedren:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-44-sent teen die dollar, 19-rand-19-sent teen die euro en 22-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-702-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-651-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-55-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….