Goeie Nuus
BULLETIN 10 Junie 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# ‘n Skaars en duur ring waarin die Eden Rose pienk diamant van Suid-Afrika geset is, sal na verwagting 188-mijoen-rand haal wanneer dit môre by Christie’s-afslaers in New York opgeveil word. Die besondere, vlekkelose pienk diamant van tien-karaat word vandag nog by die Rockefeller-sentrum uitgestal. Die internasionale hoof van Juweliersware, Rahul Kadakia, beskryf die Eden Rose as ‘n ou steen met die oorsprong van sy kleur in die druk op die steen:
# Die Universiteit van die Witwatersrand sê hul nuwe Fase Een-stelsel met ‘n kamera van 150 megapixels is ‘n beduidende vordering in digitiseringingstegnologie. Die veelsydigheid van die nuwe stelsel sluit die vermoë in om materiaal na digitale formaat oor te skakel. Dit sluit in 3D-voorwerpe, gemonteerde en ongemonteerde film, fotografie-afrdrukke, skyfies, glasplate en artefakte. Die bestuurder van die digitiseringsentum, Azizo Da Fonseca, sê die stelsel ontsluit nuwe moontlikhede vir navorsers:
# Negentien atlete wat gister aan die Comrades-marathon deelgeneem het, het 160-duisend-rand vir Rainbows and Smiles ingesamel. Die welsynsorganisasie verskaf emosionele, maatskaplike en finansiële steun aan kinders met kanker. Meer as 20-duisend het die wedloop oor 85,91-kilometer tussen Durban en Pietermaritzburg aangepak. Rainbows and Smiles se stigter, Bonni Suckling, sê elk van die 19 atlete is toegewyd.
# Die span vir Openbare Bewusmaking in die Stad Kaapstad se Direktoraat Stedelike Afval het ‘n reeks gesprekke met spaza-winkels gevoer. Die doel daarvan was om eienaars in te lig oor hul wetlike verpligtinge rondom afvalbestuur en hulle aan te moedig om afval te verminder. Altesaam 193 spaza-winkels is verlede maand besoek. Die stad sê die gesprekke het veral gefokus op strategieë om afval te verminder deur middel van hergebruik, herwinning of die uitskakeling van produkte met oormatige verpakking.
# En, Bad Boys: Ride or Die, met Will Smith en Martin Lawrence, was oor sy aanvangsnaweek bo-aan die internasionale loket, en het 906-miljoen-rand laat instroom. Dit is ‘n opvolg op Bad Boys uit 1995, Bad Boys 2 uit 2003 en Bad Boys for Life uit 2020. The Garfield Movie was tweede, Paramount se kinderfliek IF derde, Dakota Fanning se bonatuurlike grufilm The Watchers vierde, en Disney en 20th Century se Kingdom of the Planet of the Apes het die vyfde plek beklee.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….