Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 April
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, en die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het een-duisend-120 noodsorg-interns in Katlehong verwelkom. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die Green Angels internskap-program het ten doel om gekwalifiseerde individue in die nooddienstesektor uit te brei. Hy sê die interns sal noodsaaklike opleiding en waardevolle ondervinding ontvang, wat hul indiensneembaarheid sal aanhelp en bydra tot mediese noodsorg:
# Die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie in Durban sê minstens 270 verdienstelike studente kan vir die akademiese jaar registreer nadat hy meer befondsing van skenkers verseker het. Die studenteraad het in 2020 ‘n fonds geskep om studente met vorige skuld te help. Altesaam 500 studente het vanjaar vir die SR-trustfonds aansoek gedoen. Doktor Mthoko Ntuli van die universiteit sê hulle het in Februarie 1,1-miljoen-rand van die Motsepe-stigting ontvang:
# Nog tien skole in Soweto, Johannesburg, gaan deel word van ‘n deurlopende veldtog om te help om ‘n bydrae te lewer tot skoon lug in Suid-Afrika. Die veldtog is verlede maand van stapel gestuur ter herdenking van Internasionale Woud-dag. Altesaam duisend bome sal voor einde April by 20 skole en sekere gemeenskappe regoor die land aangeplant word. Die bome sluit in inheemse bome wat skadu en vars vrugte sal voorsien en ‘n geraamde 369 ton koolstofdioksied sal absorbeer, terwyl hulle bioverskeidenheid sal aanmoedig en plaaslike gemeenskappe bevoordeel.
# Taylor Swift, SZA en Ice Spice was van die groot wenners op die iHeartRadio-musiektoekennings in Los Angeles. Swift het ses toekennings gewen, insluitend dié vir Kunstenaar van die Jaar, terwyl SZA vier toekennings gewen het. Die Beste nuwe Popkunstenaar-toekenning het aan Jelly Roll gegaan en Miley Cyrus het die toekenning vir Popliedjie van die Jaar met Flowers gewen. Beyoncé het die Innoveerder-toekenning ontvang en haar aanvaardingstoespraak het gefokus op standvastigheid as noodsaaklike stukrag om ‘n suksesvolle innoveerder te wees:
# En ten slotte: Die fliek, Godzilla x Kong: The New Empire, is tans die derde-grootste geldmaker van die jaar. Die fliek van Warner Brothers en Legendary Entertainment het drie dae ná sy vrystelling wêreldwyd sowat 3,7-miljard-rand ingeoes. Die regisseur is Adam Wingard, en Rebecca Hall, Brian Tyree Henry en Dan Stevens is in die hoofrolle. Dune: Part Two is steeds die grootste geldmaker van die jaar, gevolg deur Kung Fu Panda 4. Godzilla x Kong se vervaardiger, Mary Parent, sê hulle wou iets hoogs-vermaaklik aan gehore bied.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….