Goeie Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Universiteit van Suid-Afrika sal die akademiese vennoot wees van die tiende Wêreldkonferensie oor Vrouestudies in Colombo, Sri Lanka, in Mei. Die doel van die konferensie is onder meer om deelnemers se kennis van globale feminisme en die teoretiese, beleids- en persoonlike omvang van die konferensie se studente-aktivisme wêreldwyd te verbeter. Lefatshe Moagi van Unisa sê sy glo die akademiese vennootskap met die konferensie is ‘n uitstekende geleetheid vir die universiteit omdat dit ‘n hupstoot sal bied vir die die instelling se internasionale akademiese integriteit, rangorde en navorsing.
# Vyftien werklose jongmense neem deel aan ‘n leergeleentheid oor gemengde boerderystelsels by die SEED Rocklands Abundance Centre in Mitchells Plain, Kaapstad. Hulle is deur Jobs Connect vir die program gewerf. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die jongmense leer hoe om plante, blomme en groente te kweek wat gebruik word om plaaslike voedingskemas te ondersteun. Hy sê die plante en blomme word gebruik in die vervaardiging van haarprodukte, waspoeier en seep:
# Die kinderveiligheids-veldtog van die Stad Kaapstad, Identikidz, het met indrukwekkende uitslae afgesluit. Meer as 130-duisend kinders het ʼn naambandjie gekry, die hoogste die afgelope drie jaar. Slegs 302 kinders het verlore geraak, die laagste in drie jaar, wat bewys hoe doeltreffend die projek is. Die Strand was die besigste plek, met 21-duisend-536 kinders wat ʼn naambandjie gekry het en 67 herenigings. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapveiligheid en Gesondheid, Patricia van der Ross, beveel volgehoue waaksaamheid aan terwyl die somer voortduur.
# Die openbare vervoerdiens GO GEORGE in die Suid-Kaapse stad besoek weer skole om graad 8-leerders wat bus ry te help om vertroud te raak met die verskillende roetes wat hulle kan gebruik. Senior leerders sal ook gewys word hoe om die roete-netwerke te gebruik en skedules tot hulle voordeel op te stel. Die George-munisipaliteit se woordvoerder, Debra Sauer, sê alhoewel die meeste weet watter roete om te gebruik, is leerders wat vanjaar eers hoërskool toe is dalk nie bewus van die verskillende roetes nie:
# En ten slotte: Sylvester Stallone se Expend4bles het met sewe die meeste benoemings gekry vir die Golden Raspberry-toekennings, ook bekends as die Razzies. Die rolprent is benoem as die Swakste Fliek, en vir die Swakste Ondersteunende Aktrise en Akteur – Megan Fox en Stallone onderskeidelik. Gesamentlik in die tweede plek met vyf benoemings elk, is The Exorcist: Believer, en Winnie the Pooh: Blood and Honey. Die benoemdes is aangewys deur een-duisend-179 rolprentliefhebbers, -resensente en joernaliste wat vir die Razzies stem. Die wenners word op 9 Maart aangekondig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….