Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 April 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê ‘n steenkoolgehalte-veldtog is daarop gemik om omgewingsvoldoening te verbeter. Die Uitstralings-verminderingsplan sal myne aanspreeklik hou vir beter gehalte steenkool. Ramokgopa het tydens ‘n inligtingsvergadering oor die energie-aksieplan gesê Eskom is aktief betrokke by myne om steenkoolproduksie van hoë gehalte te verseker, en voorkeur te gee aan gemeenskapsgesondheid. Hy het die noodsaaklikheid beklemtoon om gemeenskappe te beskerm en terselfdertyd aan die vereistes van energievoorsiening te voldoen:
# Die Britse regering, in samewerking met Billike Energie-oordrag in Suid-Afrika, sal die grootste battery-energie-beringsprojek in Afrika in die Noord-Kaap befonds. Die projek van 153-megawatt ter waarde van 5,7-miljard-rand, word deur die Britse maatskappy, Globeleq, bestuur. Dit is daarop gerig om oortollige energie uit hernubare bronne soos sonkrag en wind te berg, wat Suid-Afrika se pogings bevorder om die vrystelling van koolstof te verminder en die bestendigheid van kragvoorsiening te verbeter. Die Britse hoёkommissaris, Anthony Phillipson, benadruk sy land se verbintenis tot die ondersteuning van Suid-Afrika se energiedoelwitte en die vermindering van die vrystelling van kweekhuisgas.
# En ten slotte: Miljoene mense regoor Mexiko, die VSA en Kanada het gister ‘n algehele sonsverduistering aanskou. ‘n Geraamde 32-miljoen mense het toegang gehad tot die baan waarin die maan tussen die aarde en die son beweeg en sy lig volledig verskans het. Die adjunkhoof van die Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie, Pam Melroy, sê die verduistering was ‘n uitsonderlike geleentheid vir wetenskaplikes om data in te samel en die aarde, maan en son op verskillende maniere te bestudeer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….