Eko-minuut 13:30
BULLETIN 29 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die algehele toelaatbare vangs vir Suid-Afrikaanse perlemoenvissery vir die 2025/26-seisoen op 12,01 ton vasgestel. Die drastiese vermindering volg terwyl perlemoenvoorrade in die meeste sones erg afgeneem het, met byna nul digthede langs ‘n groot deel van die kus. Minister Dion George sê daar is ‘n dringende behoefte om die plaag van perlemoenstropery te bestry, met onwettige vangste in 2023 wat 13,85-miljoen oorskry het:
# ‘n Gegradueerde van die Universiteit van Johannesburg, Ntitiseng Moloi, het ‘n opvoedkundige kinderboek geskryf en gepubliseer wat jong lesers op ‘n prettige en toeganklike manier aan hernubare energie bekendstel. Die boek, getiteld “Winnie Catches the Sun“, gebruik ‘n herkenbare Suid-Afrikaanse storie om kinders te leer oor sonenergie en hoe dit werk. Moloi sê dat sy deur hierdie boek hoop om jong lesers te inspireer om te dink hoe vernuwing en skoon energie ‘n helderder, meer volhoubare toekoms vir almal kan verseker. Sy voeg by dat sy kinders se nuuskierigheid oor wetenskap en volhoubaarheid wil aanwakker.
# En ten slotte: Orkaan Melissa is op pad na die ooste van Kuba nadat dit oor Jamaika beweeg het. Dis die ergste storm in moderne geskiedenis wat dié Karibiese nasie tref. Dit het afgeneem tot ‘n kategorie 3-storm, maar sal na verwagting steeds windsnelhede van tot 125-kilometer per uur bereik. Melissa het sewe sterftes veroorsaak: drie in Jamaika, drie in Haïti en een in die Dominikaanse Republiek. Jamaika se eerste minister, Andrew Holness, het aan CNN gesê die eiland is tot rampgebied verklaar:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….