Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut: …
# Die Stad Kaapstad het ses eiendomme in die middestad vir maatskaplike behuising vrygestel. Dit sal 375 maatskaplike behuisingseenhede en meer as 350 opemark-wooneenhede in Woodstock beskikbaar maak. Die eiendom van nege-duisend vierkante meter in Nuwe Markstraat is deel van ‘n groter veldtog om meer as vier-duisend-900 bekostigbare behuisingseenhede in die stad te bou. Burgemeester Geordin Hill-Lewis beklemtoon maksimum opbrengs met eenhede wat gekruis-subsidieer word deur kleinhandelruimtes. Die stad beplan meer as ses-duisend-500 maatskaplike behuisingseenhede wat gemik is op mense wat minder as 22-duisend-rand per maand verdien.
# Nieu-Mexiko se goewerneur het ʼn noodtoestand afgekondig terwyl twee veldbrande deur ʼn bergreeks woed. Duisende mense het die gebied ontruim en een persoon is dood. Die brande is nog nie onder beheer gebring nie en meer as agt-duisend hektaar het reeds afgebrand. In Kalifornië veg brandbestryders teen nog ʼn veldbrand noord van Los Angeles, waar meer as ses-duisend hektaar afgebrand en honderde mense gevlug het. Die veldbrande het tydens die eerste hittegolf van die seisoen ontstaan. Wetenskaplikes sê uiterste weerstoestande raak erger en meer algemeen omdat die mens klimaatsverandering veroorsaak.
# En, klimaatwetenskaplikes en atlete het ‘n nuwe verslag ondersteun wat teen die gevare van uiters hoë temperature waarsku wat by die Olimpiese Spele in Parys verwag word. Deelnemers kan luidens die verslag weens die hitte ineenstort en selfs sterf. Meer as vyfduisend mense is verlede jaar weens die versengende hitte in Frankryk dood toe rekord hoé temperature van meer as 40 grade Celsius aangeteken is. Organiseerders van die Spele is egter meer bekommerd oor die baie reën wat in die tyd oor Parys verwag word en sterk strome in die Seine-rivier en swak watergehalte kan veroorsaak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….