Nuus 14:00
BULLETIN 4 November 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa verwelkom die kiesersopkoms
# Verster is tot 28 November die waarnemende president van Atletiek Suid-Afrika
# En die PowerBall-trekking lewer nege nuwe miljoenêrs op
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, is bemoedig deur die groot getalle Suid-Afrikaners wat vandag aan die munisipale verkiesing deelneem. Hy het gepraat nadat hy in Hydepark in Johannesburg gestem het. Ramaphosa beskryf die opkoms as ‘n geskiedkundige oomblik. Hy erken munisipaliteite worstel met groot uitdagings, maar is vol vertroue dienslewering sal verbeter onder nuutverkose raadslede. Ramaphosa vra alle geregistreerde kiesers om te stem en te help om die land se toekoms te bepaal:
Die ‘Elektrisiteit vir Almal’-veldtog vra verkiesings-kandidate intussen om ‘n belofte van 350 kilowatt-uur se gratis basiese elektrisiteit te onderteken om dit meer bekostigbaar te maak. Woordvoerder Ferron Pedro sê die regering het in 2003 gratis basiese elektrisiteit as ‘n maatskaplike veiligheidsnet ingestel, maar die toekenning het sedert 2006 op slegs 50 kilowatt-uur per huishouding per maand gebly. Sy sê toegang tot elektrisiteit bly onbekostigbaar, onbetroubaar en al meer buite bereik vir miljoene werkersklas-huishoudings:
Nuus uit die buiteland:
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê onderhandelings oor ‘n handelsooreenkoms met Amerika vorder, maar nog werk lê voor. Albei lande het invoertariewe op meer as 331-miljard-rand se uitvoere verhoog nadat onderhandelings in Augustus in duie gestort het. Amerika het die invoer verbied van sekere Kanadese produkte, insluitend motorfietse, suiwelprodukte en alkohol. Carney sê Kanada streef na ‘n handelsooreenkoms wat tot voordeel van albei lande sal wees, werkgeleenthede skep, bekostigbaarheid verbeter en hul soewereiniteit respekteer:
# Atletiek: Die gesiene afrigter en sportadministrateur Jean Verster sal tot ‘n raadsvergadering die 28ste van dié maand Atletiek Suid-Afrika se waarnemende president wees. Dit volg op James Moloi se afdanking ná ‘n onafhanklike dissiplinêre ondersoek na bewerings van ernstige finansiële wangedrag en die misbruik van A-S-A se kredietkaart. Suid-Afrika se aangewese verteenwoordiger by Wêreldatletiek, Zakhele Dlamini, het die raad opdrag gegee om ‘n waarnemende president aan te stel. Dis deel van voortgesette pogings om bestuursprobleme in die organisasie aan te pak en te voldoen aan Wêreldatletiek se bestuursvoorskrifte.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-51-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-377-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-45-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 105-dollar-80-sent per vat.
# En ten slotte: Die Nasionale Lotery sê nege gelukkige spelers oral in Suid-Afrika het Vrydag elk meer as 2,8-miljoen-rand gewen in die PowerBall-boerpot. Die wenkaartjies is in onder andere in Makhanda, Mthatha, George en Alberton gekoop. Dit volg nadat die lotery in September 15 nuwe miljoenêrs op een aand opgelewer het. Kleiner pryse kan onmiddellik by kleinhandelwinkels opgeëis word, terwyl groter bedrae binne 72-uur deur aanlyn bankdienste of elektroniese betalings uitbetaal word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….