Eko-minuut 13:30
BULLETIN 12 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die ondervoorsitter van die Presidensiële Klimaatskommissie, Valli Moosa, sê Suid-Afrika se klimaatsfokus moet verskuif sodat hy nie langer teikens stel nie, maar tasbare resultate lewer. Moosa se opmerking volg op die eerste Stand van Klimaatsoptrede-verslag. Dit sluit in dat Suid-Afrika se verbintenis om teen klimaatsverandering op te tree en ‘n regverdige oorgang te verseker, gekniehalter word deur ‘n onsamehangende beleid, swak regeringstrukture en teenstrydige regeringsoptrede. Moosa sê sterk regeringsbeleid moet ‘n vinnige en regverdige reaksie op klimaatsverandering aanvuur.
# Die regering van Ysland het te midde van wydverspreide kritiek teen die gebruik ‘n lisensie aan die land se enigste walvisvangsmaatskappy toegeken om 128 vinwalvisse te jag. Ysland, Noorweë en Japan is die enigste drie lande wat kommersiële walvisvangste toelaat, ten spyte van kwaai teenkanting deur diereregte-aktiviste . Die regering sê in ‘n verklaring die nuwe lisensie is geldig vir die 2024-seisoen en magtig die jag van 128 vinwalvisse teenoor die 161 in die vorige jaar. Die vinwalvis is naas die blouwalvis die langste see-soogdier.
# En navorsing in Nature Ecology and Evolution toon Afrika-olifante gebruik individuele name om mekaar te roep. Bioloë van die Colorado-staatsuniversiteit het masjienleer gebruik om name te ondersoek in opnames van die Samburu Nasionale Reservaat en Amboseli Nasionale Park. Wanneer dit teruggespeel word, reageer olifante geesdriftig op hulle name. Medeskrywer George Wittemeyer sê olifante kommunikeer infra-sonies sowel as sonies. Volgens Wittemeyer is hierdie unieke gedrag skaars by wilde diere en beklemtoon die ingewikkelde maatskaplike struktuur van olifante.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….