Eko-minuut 13:30
BULLETIN 5 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad se rampbestuurspan sê sy spanne hou hoërisiko-gebiede dop en bepaal watter humanitêre en ingenieurshulp nodig is. Berigte is ontvang van oorstromings in Khayelitsha, Gugulethu, Wallacedene, Macassar, Sir Lowryspas-dorp en Nomzamo in die Strand. Woordvoerder Charlotte Powell sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vir vandag ook ‘n vlak 2-waarskuwing uitgereik vir skadelike wind tussen Kaappunt en Kaap Agulhas:
In die noorde waarsku ‘n weerkundige verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, professor Francois Engelbrecht, ‘n Dag Zero-droogte in Gauteng hou die grootste bedreiging in vir dié provinsie se ekonomie. Hy sê klimaatmodelle voorspel haglike toestande wat meestal droër en warmer toestande insluit en wat bioverskeidenheid, landbou, watersekerheid en lewensbestaan ernstig bedreig. Hoewel damme in die provinsie vol bly, het die Stad Johannesburg gesukkel met infrastruktuur- en voorsieningsuitdagings weens wanbestuur. Engelbrecht beklemtoon die dringendheid om vir ongekende risiko’s voor te berei namate temperature wêreldwyd aanhou styg.
# En, die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om plaaslike stappe en grondhersteltegnieke saam te voeg in die stryd teen grondagteruitgang, verwoestyning en droogte-uitwerking. Die land herdenk vandag Wêreldomgewingsdag. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê dit sluit onder meer in die plant van bome, rotering van gewasse, die gebruik van water-behoudingstegnieke soos die bou van aanhouding-slote en afsnydreine, en die toediening van organiese mis en minerale kunsmis:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….