Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlaktwee-waarskuwing uitgereik oor sterk wind wat van vandag tot môre in dele van die Wes-Kaap sal waai. Die waarskuwing geld vir die gebied tussen Saldanhabaai en Kaap Agulhas. Die Kaapstadse Ramprisikobestuursentrum se woordvoerder, Sonica Lategan, sê alle spanne is op bystand om moontlike probleme te hanteer:
# Suid-Afrika gaan ʼn nuwe tydlyn indien vir die sluiting van sy steenkool-kragaanlegte in ʼn poging om klimaat-finansiering van 48-miljard-rand te bekom. Die tydlyn wat in Junie aan die Klimaat-beleggingsfonds voorgelê word, wil aantoon dat die land steeds op koers is om befondsing van die Billike Energieoordrag-vennootskap te ontvang. Die projekbestuurseenheid sê hulle gaan ʼn wysiging voorlê oor die uitdiensstellingsplan wat aan ʼn vrystellingsteiken gekoppel is.
# En die onafhanklike waagkapitaalfonds, AP Ventures, sê waterstof speel ‘n belangrike rol in dekarbonisering in die sektore van die wêreld-ekonomie waar dit die moeilikste is om te verminder. Waterstof sal in die toekoms geoormerk word vir gebruik in straler-brandstof, staalproduksie, vervoer en ander maatskappye wat fokus op ‘n gedeelde nis of gespesialiseerde mark wat oor verskeie nywerhede strek. AP Ventures se stigtersvennoot, Kevin Eggers, sê baie lande bly verbind tot die oorspronklike waterstofstrategieë en -agendas:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….