# Hisense Suid-Afrika het 100 jongmense van Atlantis, Kaapstad, vir ‘n jaarlange leerlingskap- en vaardigheidsontwikkelingsprogram by sy Wes-Kaapse vervaardigingsaanleg verwelkom. Die inisiatief, gemik op werklose jongmense tussen 18 en 28 jaar oud, kombineer klaskameropleiding met voltydse werkplekervaring en lei tot ‘n SETA-geakkrediteerde kwalifikasie. Hisense sê die program bemagtig deelnemers met gevorderde vervaardigings- en digitale innovasievaardighede, […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê die Christelike gemeenskap is nie verward deur die Konstitusionele Hof se uitspraak wat toelaat dat mans wettig hul vrouens se vanne kan aanneem nie. Die hof het bevestig dat afdelings van die Wet op Geboortes en Sterftes ongrondwetlik is, wat in effek ‘n laer hof se uitspraak handhaaf. […]
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings vra dringende optrede om renperde te beskerm. Kommer bestaan oor die gebruik van tongbande en perde wat te jonk is om aan wedrenne deel te neem. ʼn DBV-woordvoerder, Bryce Marock, sê dierewelsyn moet voorkeur kry bo kommersiële belange. Hy vra strenger wetstoepassing, strafregtelike vervolging waar nodig, ʼn verbod op […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens en die Tafelronde van Suider-Afrika het in Erfenismaand ‘n bloedskenkings-veldtog van stapel gestuur wat tot Februarie duur. Dit is daarop gemik om te verseker dat daar geen bloedtekort is nie deur mense aan te moedig om gereelde skenkers te word en te beklemtoon dat elke skenking ‘n daad is wat […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap sê hy het kennis geneem van die provinsiale regering se besluit om Artikel 91 van die Nasionale Landvervoerwet in werking te stel. Dit bemagtig die regering om buitengewone maatreëls in te stel in gebiede waar geweld, onrus en onbestendigheid in die openbare vervoersektor lewens in gevaar stel. […]
# Soccer: The Champions League group phase gets underway this evening, with 36 teams battling to become European champions. In the expanded tournament, each side plays eight different teams, four at home and four away, in the group phase. Teams who finish in the top eight automatically qualify for the last 16, while those ninth […]
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom CapeNature se vinnige optrede na die dood van ʼn jong luiperd wat in Heidelberg in ʼn onwettige strik gevang is. CapeNature het ná die voorval ʼn ondersoek gelas en dit na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Dave Bryant van die DA sê strikke is onwettig sonder ʼn permit. Hy […]
# Die Stad Tshwane waarsku inwoners om nie geboue onwettig te beset nie. Twee mense is Sondag aan rookinaseming dood nadat ʼn brand deur die kelder van die De Villiershof-woonstelgebou gewoed het wat as tydelike woonplek gebruik is. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê hulle is bewus van die behoefte aan bekostigbare […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer het 350 werksgeleenthede geadverteer as deel van sy vaardigheidsrevolusie en werwingsveldtog. Die departement beoog om geskoolde gegradueerdes en ervare beroepspersone te lok om padbouwerk, die instandhouding van meer as 54-duisend kilometer pad en die bestuur van openbare vervoer te ondersteun. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê hulle is […]