# Die DA in Tshwane sal vandag tydens die Stad se gewone raadsvergadering ‘n mosie van wantroue teen die ANC-onderburgemeester Eugene Modise indien. Die DA-lid, Jacqui Uys, sê die mosie is om aaspreeklikheid te verseker na berigte dat Modise na bewering voordeel getrek het uit ‘n sekuriteitskontrak van etlike miljoene rand met die munisipaliteit. Sy […]
# ‘n Nuwe Oxford-studie in Nature het aan die lig gebring Afrika se ekostelsels werk teen minder as twee-derdes van hul oorspronklike energie, wat bioverskeidenheid en voortbestaan bedreig. Die hoofskrywer van Oxford se Omgewingsveranderingsinstituut, Ty Loft, sê die uitwerking van natuurlewe wat voedingstof-siklusse en saadverspreiding aanvoor, het sedert voor-koloniale tye afgeneem. Loft waarsku die verlies […]
# Die DA sê die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het 12-miljard-rand aan die munisipale vakbond Samwu toegestaan terwyl hy die stad se verbrokkelende waterinfrastruktuur verwaarloos. Volgens die party, was daar ‘n ooreenkoms wat intussen uitgelek het, om te verseker dat Samwu nie G20-geleenthede ontwrig nie, terwyl inwoners met wateronderbrekings en betogings sukkel terwyl die […]
# Die Duitse regering het ‘n verhoging van die minimumloon tot 291-rand per uur goedgekeur, die grootste verhoging sedert die land ‘n dekade gelede minimumlone ingestel het. Die verhoging sal in twee fases plaasvind. Die Minister van Arbeid, Baerbel Bas, sê ses-miljoen werknemers sal merkbaar meer ontvang en maatskappye kan die stygende koste oor twee […]
# Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon ‘n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar het ‘n 3,8-persent toename […]
# Die Valke-kaptein, Barry Kruger, sê hy het waarskuwings geïgnoreer dat die inhegtenisneming van sakeman Katiso “KT” Molefe wettig was, en ‘n polisiehelikopter ontplooi en ekstra beamptes aangevra ten spyte daarvan dat hy meegedeel is die operasie was wettig. Kruger het die Madlanga-kommissie meegedeel hy het nie die lasbrief vir inhegtenisneming nagegaan nie en was […]
# RISE Mzansi sal Vrydag die 1,5-duisend-miljard-rand dobbelkrisis in Suid-Afrika tydens ‘n mini-debat in die Nasionale Vergadering in die kollig plaas. Die Nasionale Dobbelraad se jongste verslag toon die bruto dobbelinkomste het van 59-miljard-rand in 2023/24 gestyg tot 75-miljard-rand in 2024/25, wat dui op ‘n dringende behoefte aan ingryping. RISE Mzansi se Parlementslid, Makashule Gana, […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het herroepings deur BMW Suid-Afrika en Stellantis bevestig. BMW herroep 75 BMW Reeks 1 en 2-modelle, asook X1 en X2-voertuie wat in 2025 met foutiewe veiligheidsgordels verkoop is. Stellantis herroep Opel Astra-modelle van tussen 2004 en 2015 vir foute in die lugsakopblaasmeganismes wat ernstige beserings of selfs die dood kan veroorsaak. […]
# Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die ANC moet sy politieke teenwoordigheid in die Wes-Kaap herbou en versterk om die DA se anti-transformasie-agenda teen te werk. Mbalula sê die provinsie het diep geskiedkundige en ekonomiese betekenis en moet ‘n fokuspunt vir hernuwing wees voor die plaaslike verkiesing in 2026. Hy het bevestig die Nasionale Uitvoerende […]