# COSATU in die Wes-Kaap is uiters bekommerd oor die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, se besluit om verskeie minibus-taxiroetes vanaf vandag vir 30 dae te sluit. Die betrokke roetes sluit in Mfuleni, Khayelitsha, Nomzamo, Lwandle en Somerset-Wes. COSATU se woordvoerder Zanele Sabela sê die stap, wat sonder behoorlike raadpleging gedoen is, sal werkers, studente […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge verwerp adjunkpresident Paul Mashatile se bewering dat Swart Ekonomiese Bemagtiging ‘n groot sukses is. Die organisasie sê bewyse toon Swart Ekonomiese Bemagtiging het werkloosheid vererger, ongelykheid verdiep, beleggings ontmoedig en hoofsaaklik ‘n klein elite-groep bevoordeel. Hermann Pretorius van die instituut sê meer as 80-persent van Suid-Afrikaners ondersteun meriete-gebaseerde aanstellings en […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters sê tot 92-persent van Suid-Afrikaners met geestesgesondheidsprobleme, ontvang nooit behandeling nie. Gevolglik is daar drie uit vier mense sonder ondersteuning vir algemene toestande soos depressie, angs en dwelmmisbruik. Minder as een uit tien pasiënte met ernstige geestesversteurings ontvang die sorg wat hulle benodig. Die organisasie se woordvoerder, Anusha Lachman, […]
# Psigiaters van regoor Afrika sal van vandag tot Vrydag in Oos-Londen in die Oos-Kaap vergader vir die 2025 kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters. Die konferensie sal fokus op die verbetering van toegang tot geestesgesondheidsorg, aangesien die meeste mense met geestesprobleme tans nie behandeling ontvang nie. Anusha Lachman van die organisasie sê afgevaardigdes […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, verskyn Vrydag voor die Parlement se water- en sanitasiekomitee om te verduidelik hoe hy die stad se waterkrisis gaan aanspreek. Lede van die Parlement wil weet hoekom vier-miljard-rand van Johannesburg Water weggeneem is en na munisipaliteite gestuur is. Dit het tot ontstoke debat gelei met opposisie partye wat […]
# Die DA vra vir dringende ingryping terwyl studente uitsetting in die gesig staar omdat NSFAS nie akkomodasievoorsieners betaal het nie. Delmaine Christians van die DA sê meer as 500 studente loop die risiko om uitgesit te word, met verhuurders wat vir meer as ‘n jaar nie betaal is nie. Sy vra die Parlement om […]
# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam Fifa het aangekondig dat 6,1-miljard-rand aan klubs versprei gaan word vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika – ‘n verhoging van bykans 70-persent teenoor die vorige toernooi in Katar in 2022. Dit is deel van Fifa se uitgebreide klubvoordeleprogram, waar klubs vergoed word wanneer spelers vrygestel word om aan kwalifiseerders en […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het uitgevaar teen wat hy beskryf as Israel se gewelddadige en onwettige aanval op Katar. Hy beskuldig Israel dat hy imperialistiese aggressie nastreef wat vrede in die Midde-Ooste bedreig, soewereiniteit ondermyn en die oorlog teen Palestina en buurstate verleng. Die SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê Israel se regverdiging om […]
# Die DA sê Eskom moet dringend ontbondel word om die mynsektor te red. Die party waarsku elektrisiteitspryse wat die hoogtes inskiet, en sedert 2007 met meer as 800-persent gestyg het, verlam mynbou en veroorsaak die sluiting van ferrochroom smelters, met Glencore wat al 22 sy hoogoonde sluit. Kevin Mileham van die DA sê ten […]