# President Cyril Ramaphosa sê hy is optimisties dat sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump, November die G20-beraad in Johannesburg sal bywoon. Die VSA sal op dan die groep se presidentskap in 2026 oorneem. Suid-Afrika se G20-presidentskap het hom daartoe verbind om solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid te bevorder. Ramaphosa het die media ingelig oor die gesprekke […]
# Die Stad Johannesburg het kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag brandvoorvalle reg oor die metro. Maandag is vier jong kinders in ʼn huisbrand in Mayfair dood. Die woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, Robert Mulaudzi, sê met die koue winterweer wat naderkom, moet inwoners versigtig wees wanneer hulle verwarmingstoestelle gebruik:
# President Donald Trump sê die G20-leiersberaad wat in November in Johannesburg plaasvind, sal betekenisloos wees as Amerika nie deelneem nie. Hy het in April gesê daar kan nie verwag word dat hy die beraad bywoon terwyl die Suid-Afrikaanse regering volgens hom grond in wit besit onteien en die nasate van wit setlaars vervolg nie. […]
# Die Departement van Gesondheid in Gauteng het die 100-miljoen-rand toewysing van die Nasionale Tesourie om bestaande uitdagings te takel, verwelkom. Die geld is ter ondersteuning van die departement se hernude befondsingsprogram om bestaande noodsaaklike toerusting en masjiene in hospitale op te knap en te vervang. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê ‘n […]
# Rugby: Wêreldrugby se raad het die wêreldwye proeflopie van die 20-minute-rooikaart goedgekeur, ondanks weerstand van verskeie internasionale unies, insluitend Frankryk en Ierland. Die kaart is die afgelope seisoen in die noordelike halfrond getoets. Die reël laat toe dat ‘n speler wat vir ongeoorloofde spel gestraf is, ná 20 minute deur ‘n ander speler vervang […]
# Two Israeli embassy staff were shot dead outside a Jewish museum in Washington on Wednesday evening. The young couple, who were about to be engaged, were killed while leaving an event at the Capital Jewish Museum. Washington police chief, Pamela Smith, says the suspect has been identified as 30-year-old Elias Rodriguez. She adds that while […]
# Die Stad Tshwane verwelkom die aanvang van die openbare deelnameproses oor die voorgestelde verhuring van die HB Philips-gebou in Pretoria. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê die HB Philips-gebou sal die Julie 2025-eiendomsberaad anker waar meer as 30 waardevolle munisipale bates geadverteer sal word vir verhuring of herontwikkeling. Sy sê […]
# Die Stad Kaapstad het sedert Julie 2023 meer as ʼn duisend rioolverstoppings in voorstede soos Kampsbaai en Seepunt hanteer wat hoofsaaklik deur handlappies (wet wipes) veroorsaak word. In 2024/2025 is reeds 487 voorvalle aangemeld. Beamptes waarsku inwoners om slegs menslike afval en toiletpapier weg te spoel omdat voorwerpe soos handlappies, babadoeke en sanitêre doekies […]
# Tropiese woude het verlede jaar teen ‘n rekordspoed verlore gegaan, hoofsaaklik weens bosbrande wat boerdery as grootste bedreiging verbygesteek het. Die Amasone waar dit baie droog was, het groot verliese gehad en 3,1-miljard ton koolstofdioksied is vrygestel. Terwyl Brasilië sukkel, toon Indonesië vordering met streng wetgewing teen brande. Kenners waarsku oor ʼn gevaarlike klimaatskringloop. […]