# Krieket: Suid-Afrika en Pakistan se manspanne pak mekaar vandag in die eerste van drie T20-wedstryde in Rawalpindi nadat die toetsreeks een-elk gelykop geëindig het. Donovan Ferreira sal die Proteas aanvoer terwyl Aiden Markram ‘n ruskans kry. David Miller sou as kaptein gedien het, maar het ‘n beenbesering opgedoen. Matthew Breetzke is as kaptein aangewys […]
# Business Leadership South Africa sê Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys bewys die regering kan die instellings herbou wat deur staatskaping beskadig is. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, het in haar weeklikse nuusbrief gesê die sukses spruit uit duidelike verantwoordbaarheid, samewerking tussen die regering en die sakewêreld, en werklike […]
# Swem: Die Suid-Afrikaanse swemmer Rebecca Meder het haar vierde bronsmedalje tydens die laaste been van die Wêreldbeker-reeks in Toronto, Kanada, verower. Die 23-jarige van KwaZulu-Natal het derde geëindig in die 100 meter borsslag met ‘n tyd van een-minuut-4-komma-48-sekondes. Meder, wat aan al drie byeenkomste van die reeks deelgeneem het, was algeheel 16de. Sy sê […]
# Die Aubrey Tau-stigting het ‘n beloning van 250-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in die moorde op niggies Tshiamo en Baleseng Moramaga. Die liggame van die 22- en 21-jarige vroue is gisteroggend in Sompisistraat in Mamelodi-Oos ontdek. Die jong vroue, beskryf as onafskeidbaar en vol belofte, het loopbane in […]
# Die Vryheidsfront Plus versoek boere om te verseker hulle vee word ingeënt. Die waarskuwing volg ná ‘n bevestigde miltsiekte-uitbreking op Ghaap se Berg naby Douglas in die Noord-Kaap. Die siekte, waaraan wildsbokke reeds gevrek het, hou ernstige gevare in vir vee en mense. Wynand Boshoff van die VF Plus vra boere om onmiddellik op […]
# Business Leadership South Africa says South Africa’s exit from the Financial Action Task Force’s grey list proves that the government can rebuild institutions damaged by state capture. In her weekly newsletter, the organisation’s CEO, Busisiwe Mavuso, said the success came from clear accountability, cooperation between government and business, and real operational improvements. Mavuso added […]
# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza het ANC-lede aangespoor om die 108ste herdenking van voormalige partypresident Oliver Tambo te gebruik om hul politieke verbintenis tot diens te hernu. Tydens ‘n kransleggingseremonie by die Tamboville-begraafplaas beskryf die burgemeester Tambo en sy vrou, Adelaide, as gedissiplineerde, etiese en visionêre leiers wie se nalatenskap steeds Suid-Afrika se […]
# Saoedi-Arabië is onseker of hulle in Egipte se Rooisee-kus gaan belê. Tydens ‘n toespraak by die Fortune Global Forum in Riaad sê die minister van toerisme, Ahmed Al-Khateeb, die koninkryk prioritiseer binnelandse toerisme-ontwikkelings, insluitend die Rooisee-wêreldwye projek, wat teen Mei 2026, 17 nuwe hotelle sal open. Al-Khateeb het ook bevestig dat Saoedi-Arabië reeds aan […]
# Die DA sê strafregtelike aanklagte moet versnel word teen die tenderpreneur Hangwani Maumela en ander sleutelfigure in die Tembisa-hospitaal. Dit volg op berigte dat Maumela ‘n eksotiese Italiaanse motor van 52-miljoen-rand gekoop het terwyl hy na bewering 816-miljoen-rand uit hospitaalkontrakte gedreineer het. Jack Bloom van die party sê die geld kon talle dokters, verpleegkundiges […]