# Israel het die noodtoestand vir gebiede naby die grens met Gaza opgehef – die eerste keer sedert Hamas se aanvalle in Oktober 2023. Die minister van Verdediging, Israel Katz, sê die besluit weerspieël die nuwe veiligheidsituasie in die suide van die land en volg terwyl die wapenstilstand wat op 10 Oktober in werking getree […]
# AfriForum en die gesin van die 21-jarige Dewald Beetge versoek Suid-Afrikaners om vandag wit te dra uit verset teen landelike geweld. Beetge is steeds in ‘n bedenklike toestand nadat hy op 15 Oktober geskiet is tydens ‘n plaasaanval naby Melville in KwaZulu-Natal. Jacques Broodryk van AfriForum veroordeel die wreedheid en noem dit ‘n wekroep […]
# SA Harvest het sy kweekhuisprogram van stapel gestuur om Suid-Afrika se voedselvermorsing- en hongerte aan te pak. Die projek omskep produkte wat gered word in volhoubare landbou met die gebruik van hidroponika en gemeenskapsopleiding. Die projek, tans in Gauteng en KwaZulu-Natal, bevorder voedselonafhanklikheid, werkskepping en klimaataksie terwyl dit stortingsterrein-afval verminder en langtermyn-voedselveerkragtigheid bou. Die […]
# NotInMyName Internasionaal veroordeel die wrede moorde Sondag op Tshiamo en Baleseng Moramaga in Mamelodi-Oos. Die organisasie vra ‘n deursigtige SAPD-ondersoek, verhoogde sigbare wetstoepassing en gespesialiseerde ondersteuning vir die gemeenskap. NotInMyName beklemtoon sistemiese mislukkings in die bekamping van geslagsgeweld en beklemtoon dat vroue in Suid-Afrika veiligheid in hul huise en woonbuurte verdien. Die groep belowe […]
# Die vakbondfederasie Cosatu het sy steun aan die Zimbabwiese Vakbondkongres beloof teen pogings om president Emmerson Mnangagwa se ampstermyn te verleng. Die federasie sê pogings om die Grondwet te verander is ‘n bedreiging vir demokrasie, goeie regering en die oppergesag van die reg. Zanele Sabela van Cosatu sê die stryd van Zimbabwiese werkers word […]
# Een van die grootste wynvervaardigers in Suid-Afrika, Namaqua Wines, het sy verspreidingsafdeling se handelsmerk na Niew Beverages verander om verder as bokswyn na ‘n breër drankmark uit te brei. Die maatskappy voorsien alle groot drank-kleinhandelaars vanuit sy elf takke en bestuur meer as 500 produkte. Niew Beverages se woordvoerder, David Radloff, sê die handelsmerk, […]
# Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-afrigter, Jake White, sien uit na sy terugkeer na die suiwerste vorm van die spel nadat hy aangestel is as raadgewer by Selborne College in Oos-Londen in die Oos-Kaap. Hy het laas afgerig toe hy die Bulle in Julie verlaat het na ‘n spelersopstand. White se voormalige hulpafrigter, Phiwe […]
# Sokker: Die Serie A-voorloper, Napoli, sal moontlik tot vroeg in 2026 sonder Kevin de Bruyne moet klaarkom nadat die Italiaanse klub bevestig het dat hy sy agterknie-sening beseer het. Die voormalige middelveldspeler van Manchester City is Saterdag beseer terwyl hy ‘n strafdoel aangeteken het in sy span se tuisoorwinning van 3-1 oor Inter Milan. […]
# Rugby: Japan se afrigter, Eddie Jones, glo dis nie onmoontlik om die Springbokke Saterdag te klop nie. Die Japannese het die afgelope naweek sake moeilik gemaak vir die Wallabies in Tokio. Australië het met 19-15 gewen na ‘n rustyd-voorsprong van 14-3. Jones het verwys na Japan se legendariese oorwinning oor Suid-Afrika in Brighton, Engeland, […]