Skip to content

Netanyahu beskuldig Australiese eerste minister van verraad jeens Israel

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy Australiese ampsgenoot, Anthony Albanese, van verraad beskuldig vir die erkenning van die Palestynse staat. Dit volg op die kansellasie van die ver-regse Israelse politikus, Simcha Rothman, se Australiese visum. Hy sou die land Maandag besoek om te praat op ‘n geleentheid wat die Australies-Joodse Vereniging gereël het. Netanyahu sê Albanese is ‘n swak politikus wat Australiese Jode in die steek gelaat het. Die Australiese minister van Immigrasie, Tony Burke, sê hulle verwerp Netanyahu se opruiende kritiek.