Die MIV- en VIGS-gemeenskapsnetwerk van Suider-Afrika het ‘n beroep gedoen op verbeterde nasionale data oor dwelmgebruik en gewaarsku dat swak inligting doeltreffende beleidmaking beperk. Yolaan Andrews van NACOSA sê die huidige syfers weerspieël nie die omvang van dwelmgebruik of die dienste wat benodig word korrek nie. Andrews sê die desentralisering van dienste deur klinieke en gemeenskapsprogramme kan die insameling van bewyse verbeter. Sy het beklemtoon dat dit owerhede sal help om dwelmtendense, voorkoms en ingrypingsbehoeftes beter te verstaan, veral onder jongmense en ander kwesbare groepe.
NACOSA versoek hersiene dwelmgebruikstatistiek