Skip to content

Munisipaliteite in die Wes-Kaap aangeraai om waterbeperkings teen November in te stel

# Die Wes-Kaapse regering doen ‘n beroep op munisipaliteite om waterbeperkings voor die somer in te stel aangesien damvlakke daal en warmer, droër weer verwag word. Munisipaliteite is aangeraai om vlak een-beperkings teen 15 November in te stel en vlak twee-beperkings teen 1 Desember in gebiede met ‘n groter risiko. Inwoners en besighede word versoek om water te bespaar en lekplekke te herstel. Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê vroeë waterbesparingsmaatreëls is daarop gemik om ‘n groter waterkrisis te verhoed.