Skip to content

Motown-legende Smokey Robinson word ondersoek na bewerings van seksuele aanranding

# Die legendariese Motown-sanger en liedjieskrywer, Smokey Robinson, word strafregtelik ondersoek nadat hy van seksuele aanranding beskuldig is. Vier voormalige vroulike werknemers het die 85-jarige sanger verlede week gedagvaar en beskuldig hom van seksuele teistering, vals inhegtenisneming en nalatigheid. Hulle het tussen 2006 en 2024 vir hom gewerk. Die Los Angeles-distrik se polisiedepartement sê die ondersoek is in ʼn vroeë stadium. Robinson se prokureur, Christopher Frost, sê sy kliënt het niks verkeerd gedoen nie en dis ʼn desperate poging om die openbare mening teen hom te beïnvloed.