Skip to content

Motorsport: Oscar Piastri van McLaren palm eerste voorste wegspringposisie van sy loopbaan in

# Motorsport: Oscar Piastri van Australië het sy spanmaat Lando Norris uitoorlê deur die eerste voorste wegspringposisie van sy loopbaan in te palm vir vandag se Chinese Grand Prix in Shanghai. George Russell van Mercedes is tweede. Die Formule Een 2025 Kampioenskap voorloper, Lando Norris, spring derde weg nadat hy sy finale kwalifiserende ronde laat vaar het, met die Red Bull-span van die heersende wêreldkampioen Max Verstappen ook in die tweede ry. Lewis Hamilton lei die derde ry vir Ferrari nadat hy sy spanmaat Charles Leclerc geklop het vir die vyfde plek.