# Motorsport: McLaren het albei posisies op die voorste ry beklink met Oscar Piastri eerste en Lando Norris tweede vir die Spaanse Grand Prix. Norris was 0,2-sekondes agter Piastri, maar het steeds vir Max Verstappen tot die derde posisie beperk. George Russell is vierde en Lewis Hamilton is vyfde. Piastri, wat drie punte voor Norris is in die wêreldkampioenskap, het ‘n uitstekende rondte gejaag om sy vierde voorste wegspringplek van die seisoen te behaal.
Motorsport: Oscar Piastri spring voor weg vir vanmiddag se Spaanse Grand Prix