# Motorsport: Kampioenskapsvoorloper Lando Norris het gister vir die eerste keer die seisoen die voorste wegspringplek in ‘n snelren verseker toe hy voor Mercedes se Kimi Antonelli en sy McLaren-spanmaat en mededinger Oscar Piastri gekwalifiseer het. Die 25-jarige Brit, is met een punt voor Piastri in die stryd om die renjaerskampioenskap met nog vier wedrenne oor. Hy het sy beste rondte in die laaste sekondes van ‘n spannende sessie op ‘n snikhete Interlagos aangeteken. Die viermalige kampioen Max Verstappen, wat 36 punte agter Norris is, was sesde in sy Red Bull.