Skip to content

Motorsport: Minister McKenzie sê alles sal gereed wees voor ‘n Grand Prix-bod ingedien word

# Motorsport: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê Suid-Afrika sal seker maak alles is gereed voor ‘n bod ingedien word om ‘n Formule Een‑Grand Prix aan te bied. ‘n Kenner sal daarom aangestel word om die bod te evalueer. McKenzie het bevestig privaat sektor-vennootskappe het die vereiste gasheerfooi van 1,7-miljard-rand verseker. Hy sê die bod sluit die sakemodel, gasheer- en byeenkoms-bestuur, infrastruktuur, logistiek en regeringsgoedkeuring in. Suid-Afrika het in 1993 laas ‘n F1‑wedren aangebied.