# Motorsport: Formule Een het Maleisië by vanjaar se skedule gevoeg as gasheer van die Bahreinse Grand Prix. Die voortdurende konflik in die Midde-Ooste het gelei tot die kansellasie van April se wedrenne in Bahrein en Saoedi-Arabië. Die Bahreinse Grand Prix in Maleisië sal van 2 tot 4 Oktober op die Sepang-internasionale renbaan plaasvind. F1 se president, Stefano Domenicali, sê die sport het weereens sy vermoë getoon om aan te pas en oplossings te vind. Daar is nou 23 wedrenne op die rooster.
Motorsport: Maleisië in Oktober gasheer vir Bahreinse F1 Grand Prix