# Motorsport: Lando Norris van McLaren sal vanmiddag eerste wegspring by die Belgiese Grand Prix nadat hy die vinnigste in die kwalifiserende rondes was. Die Brit het spanmaat Oscar Piastri en Ferrari se Charles Leclerc met ‘n indrukwekkende ronde by die Spa-Francorchamps renbaan geklop. Leclerc het in die laaste ronde die derde plek opgeraap voor Max Verstappen se Red Bull-motor. Alex Albon van Williams was ‘n indrukwekkende vyfde en het net voor Mercedes se George Russell in die sesde plek ingeskuif. Intussen het Lewis Hamilton sy kwalifiserende uitslag as “onaanvaarbaar” beskryf nadat hy 16de geëindig het.