# Motorsport: Die Mercedes-nuweling Kimi Antonelli het gister se oefensessies by die Oostenrykse Grand Prix in Spielberg oorheers en albei gewen. Antonelli het die tweede oefensessie in ‘n blitsige tyd voltooi en ver gewen. McLaren was ook goed op dreef met Oscar Piastri en Lando Norris in die tweede en derde plekke. Max Verstappen het probleme met die Red Bull se bestuurbaarheid en sitplekke ondervind maar vierde klaargemaak. Lewis Hamilton van Ferrari was vyfde ten spyte van ‘n stryd teen die versengende hitte en stuurprobleme.
Motorsport: Kimi Antonelli oorheers oefenrondes by Oostenrykse Grand Prix