# Motorsport: Die Ferrari-renjaers Lewis Hamilton en Charles Leclerc het gister op hulle tuisbaan gekla oor ‘n gebrek aan spoed en remprobleme nadat hulle sesde en elfde was in die eerste oefening vir die Italiaanse Grand Prix op Imola. Leclerc was ongelukkig met sy valhelm en die motor se remme, terwyl die sewemalige wêreldkampioen Hamilton ook oor remprobleme gekla het. Dit is ‘n belangrike naweek vir Ferrari wat hoop om vir die tweede keer die seisoen die podium te haal en die momentum te herwin wat hulle verlede jaar ernstige uitdagers vir die vervaardigerstitel gemaak het.
Motorsport: Hamilton en Leclerc kla oor Ferrari-probleme op tuisbaan